robert-katzki-7W7r7WH54ys-unsplash-scaled

Nature’s Corner – Mussel organ

23/06/2023
| By Alana Bailey

Deur Alana Bailey

Behalwe in animasieflieks, sal ‘n mens nie kan dink dat skulpdiertjies musikante kan wees nie. Met die hulp van die oudio-sensoriese kunsinstallasie van die Nederlandse kunstenaar Stef Veldhuis is dit egter presies wat ‘n mossel in Durban doen.

Die mossel woon onder die hawehoof naby uShaka Marine World. Delikate sensors is aan die mossel gekoppel om sy hartklop en die beweging van sy kleppe in lug om te skakel. Dit word dan ‘n kilometer verder deur orrelpype geblaas om klank te maak.

Met die unieke projek wil Veldhuis en die akwarium meer aandag op die welstand van ons oseane en die ekosisteme daarbinne skep. Omdat mossels water deur hulle stelsels filtreer om voedingstowwe te bekom, is hulle puik indikatorspesies om besoedelingsvlakke in water te moniteer. In die VSA en Pole word varswatermossels byvoorbeeld reeds ingespan om die gehalte van drinkwater te toets.

Die kunsinstallasie wat die mosselorrel genoem word, het saamgeval met Wêreld Oseaandag op 8 Junie 2023 en die orrel kan by die Bond-skuur in Durban se Point-gebied besoek word.

Share on