{"id":195346,"date":"2022-04-13T17:14:11","date_gmt":"2022-04-13T15:14:11","guid":{"rendered":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/the-road-home-2\/"},"modified":"2022-04-13T17:14:11","modified_gmt":"2022-04-13T15:14:11","slug":"the-road-home-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/the-road-home-2\/","title":{"rendered":"The road home"},"content":{"rendered":"\n
Deur Alana Bailey<\/em><\/p>\n\n\n\n
But what are miles<\/em><\/p>
Across the ocean<\/em><\/p>
To the heart that\u2019s coming home?<\/em><\/p><\/blockquote><\/figure>\n\n\n\n
Ongelukkig is terugkeer na Suid-Afrika nie so maklik soos om net die pad te vat nie. Hiermee tien dinge wat jy in gedagte moet hou.<\/p>\n\n\n\n
1. Paspoort<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Sorg dat jou Suid-Afrikaanse paspoort geldig bly \u2013 selfs al het jy geen plan om ooit weer in Suid-Afrika te kom nie. Die lewe loop snaakse draaie met \u2019n mens en as jy om watter rede ook al sou wou of moet terugkom, maak \u2019n geldige paspoort dinge net soveel makliker.<\/p>\n\n\n\n
2. Burgerskap<\/strong>
3. Kinders<\/strong>
As jy kinders het wat in die buiteland gebore is, registreer hulle geboorte so gou as moontlik in Suid-Afrika. Dit is \u2019n langdurige proses, maar daarsonder gaan hulle nie \u2019n Suid-Afrikaanse paspoort kan kry nie en probleme h\u00ea as julle sou wou terugkeer. As jy dalk \u2019n kind aanneem, of voog van een word, vind uit hoe om vir die kind burgerskap of verblyfreg in Suid-Afrika te kry.<\/p>\n\n\n\n
4. Voertuie<\/strong>
Hou in gedagte dat Suid-Afrika nie meer die invoer van linkerhandstuurvoertuie toelaat nie.<\/p>\n\n\n\n
5. Bestuurderslisensies<\/strong>
As jy nie meer \u2019n geldige Suid-Afrikaanse bestuurderslisensie het nie, maak seker wat van jou vereis sal word om jou buitelandse lisensie om te skakel na \u2019n Suid-Afrikaanse lisensie wanneer jy terugkeer. Vereistes verskil, afhangend van die land waar jy vandaan kom, en mag byvoorbeeld insluit dat jy sal moet bewys lewer dat daar geen uitstaande verkeersboetes of veroordelings teen jou naam is nie.<\/p>\n\n\n\n
6. Mediese fondse<\/strong>
Wetgewing vereis van mediese fondse om heffings te plaas op lede wat vir \u2019n tyd lank nie lid van \u2019n Suid-Afrikaanse mediese fonds was nie.<\/p><\/blockquote><\/figure>\n\n\n\n
Dit geld ook vir mense wat in die buiteland gewerk, studeer of gewoon het. Maak dus seker dat jy met \u2019n makelaar gesels wat die beste fonds en fondsplan vir jou kan help vind \u2013 een wat steeds bekostigbaar is, ten spyte van di\u00e9 heffing.<\/p>\n\n\n\n
7. Pensioen<\/strong>
As jy in Suid-Afrika kom aftree, maak seker dat die pensioenfonds jou pensioen in Suid-Afrika sal uitbetaal voor jy verhuis. Daar was al gevalle waarmee ons gewerk het waar mense aan fondse behoort het met streng bepalings dat dit nie in enige ander land as di\u00e9 waarin die fonds geregistreer is, mag uitbetaal nie.<\/p>\n\n\n\n
8. Belasting
<\/strong>Vind uit watter belastingplig op jou rus in die finansi\u00eble jaar waartydens jy terugkeer na Suid-Afrika \u2013 beide in die land van herkoms en in Suid-Afrika. As jy ook in die toekoms buitelandse verdienstes sal h\u00ea, vind uit of daar belastingooreenkomste bestaan tussen die land waar die fondse vandaan kom en Suid-Afrika, asook wat die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet in jou geval sal vereis.<\/p>\n\n\n\n
9. Heimwee<\/strong>
Vriende en familie het nuwe vriende en belangstellings gekry, stelsels het verander, kontakte wat jy op sekere plekke gehad het, het aanbeweeg.<\/p><\/blockquote><\/figure>\n\n\n\n
Al kom jy huis toe, is die aanpassingsproses baie soortgelyk aan wanneer iemand na \u2019n vreemde land emigeer, en al was jy dalk nie dolgelukkig in die buiteland nie, gaan daar mense en dinge wees wat jy mis en waarna jy gaan verlang. Berei voor daarop.<\/p>\n\n\n\n
10. Gesinseenheid<\/strong>
Net soos met emigrasie, gaan die remigrasie van gesinne na Suid-Afrika net werk as dit \u2019n spanpoging is. Om terug te keer na Suid-Afrika gaan nie huweliksprobleme oplos of gedragsprobleme van kinders laat wegsmelt nie. In teendeel, aanvanklik kan die aanpassing juis meer druk op gesinsverhoudings plaas. As jy bekommerd hieroor is, vind betyds \u2019n terapeut wat kan help.<\/p>\n\n\n\n
Deur Alana Bailey Die Ierse sangeres Enya sing: But what are miles Across the ocean To the heart that\u2019s coming…<\/p>\n","protected":false},"author":160,"featured_media":195347,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_robots_primary_cat":"","_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_kad_blocks_custom_css":"","_kad_blocks_head_custom_js":"","_kad_blocks_body_custom_js":"","_kad_blocks_footer_custom_js":"","_kadence_starter_templates_imported_post":false,"_kad_post_transparent":"","_kad_post_title":"","_kad_post_layout":"","_kad_post_sidebar_id":"","_kad_post_content_style":"","_kad_post_vertical_padding":"","_kad_post_feature":"","_kad_post_feature_position":"","_kad_post_header":false,"_kad_post_footer":false,"_kad_post_classname":"","footnotes":""},"categories":[801,800],"tags":[],"class_list":["post-195346","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-financial-and-migration-news","category-news"],"taxonomy_info":{"category":[{"value":801,"label":"FINANCIAL AND MIGRATION NEWS"},{"value":800,"label":"News"}]},"featured_image_src_large":["https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/Jessica-Rockowitz.-Unsplash-1-1024x789.jpg",1024,789,true],"author_info":{"display_name":"Alana Bailey","author_link":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/author\/alanabailey\/"},"comment_info":0,"category_info":[{"term_id":801,"name":"FINANCIAL AND MIGRATION NEWS","slug":"financial-and-migration-news","term_group":0,"term_taxonomy_id":801,"taxonomy":"category","description":"","parent":800,"count":200,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":801,"category_count":200,"category_description":"","cat_name":"FINANCIAL AND MIGRATION NEWS","category_nicename":"financial-and-migration-news","category_parent":800},{"term_id":800,"name":"News","slug":"news","term_group":0,"term_taxonomy_id":800,"taxonomy":"category","description":"","parent":0,"count":494,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":800,"category_count":494,"category_description":"","cat_name":"News","category_nicename":"news","category_parent":0}],"tag_info":false,"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/Jessica-Rockowitz.-Unsplash-1.jpg","fimg_url":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/Jessica-Rockowitz.-Unsplash-1.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/195346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/160"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=195346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/195346\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/195347"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=195346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=195346"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=195346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}