{"id":198695,"date":"2018-02-01T08:52:49","date_gmt":"2018-02-01T06:52:49","guid":{"rendered":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/lapa-new-in-february\/"},"modified":"2024-10-28T17:46:06","modified_gmt":"2024-10-28T15:46:06","slug":"lapa-new-in-february","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/lapa-new-in-february\/","title":{"rendered":"LAPA: New in February"},"content":{"rendered":"<p>Few publishers celebrate love stories the way LAPA does. And, of course, the young ones are always catered for!<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33085\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/1-37.png\" alt=\"\" width=\"156\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Rose vir Roselle<br \/>\n<\/em><\/strong>Rosita Oberholster<br \/>\n9780799386950<br \/>\nR210,00<\/p>\n<p>A poignant story about a struggling rose farm and a stranger who might hold the answers.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>\u2019n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie.<\/p>\n<p>Terug hier op La Roseraie lyk dit nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie. Dalk was dit, maar nou kort die plaas \u2019n ferm hand. Droogtes het hul tol ge\u00ebis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie.<\/p>\n<p>Om alles te kroon, het haar tantes \u2019n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? Wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te s\u00ea toe sy hom direk vra.<\/p>\n<p>Tog, hy help en om vorentoe te boer, sal sy die swerwer se hulp nodig h\u00ea.<\/p>\n<p>Haar eksverloofde se meesterlike vermo\u00eb om te manipuleer het egter steeds gevolge en Rosalie se trots maak dat sy weier om die swerwer se raad te vra.<\/p>\n<p><em>Rose vir Roselle<\/em> is \u2019n meer verwikkelde, langer romanse wat gekenmerk word deur sterk verhoudings en karakters. Die skrywer het probeer om nie net te fokus op die ontwikkeling van die broodnodige romanse tussen die hoofkarakters nie, sy het ook \u2019n paar verrassingselemente ingewerk om lesers se lekker te laat vermenigvuldig.<\/p>\n<p>Dit is Rosita Oberholster se eerste SuperRomanza. Sy het die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses in 2017 met <em>Troue in \u2019n towerbos <\/em>gewen.<\/p>\n<p><em>Rose vir Roselle<\/em> is geskryf ter nagedagtenis aan die skrywer se babasussie wat net sewe weke oud geword het \u2013 haar naam was Roselle. Die baba se graf dra die inskripsie <em>Laat die kindertjies na My toe kom<\/em>&#8230; en word ook in die boek genoem.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33086\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/2-41.png\" alt=\"\" width=\"156\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Liefde op Petit Paris<br \/>\n<\/em><\/strong>Frenette van Wyk<br \/>\n9780799387131<br \/>\nR210,00<\/p>\n<p>An orphaned French girl struggles to understand the feelings she suddenly has for the man who is supposed to her legal guardian.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>In die ou Kaap de Goede Hoop stap \u2019n jongmeisie aan wal n\u00e1 die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou \u2019n weeskind in \u2019n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook \u2019n Hugenoot wat vroe\u00ebr aan die Kaap \u2019n nuwe begin kom maak het.<\/p>\n<p>Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans \u2013 di\u00e9 ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is \u2013 en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te h\u00ea nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie, want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie, en die swaard van \u2019n huwelik met sy neef hang oor haar kop.<\/p>\n<p>Boonop is dit ook nie net Royale wat besef wat \u2019n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie! Die ander vrou, Amalia, het boonop \u2019n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar&#8230;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33087\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/3-36.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Lenteliefde<br \/>\n<\/em><\/strong>Alma Carstens<br \/>\n9780799387049<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>An old flame stirs up familiar emotions.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Milan keer n\u00e1 haar suster se dood terug na SA om haar swaer en sy kinders by te staan. Ou gevoelens begin weer blom, maar wat steek Etienne vir haar weg? Mag Milan hoop op liefde in die lente?<\/p>\n<p>Alma Carstens en haar woon hulle Bangkok, Thailand en is tans een van LAPA se Top 10 beste verkopers onder fiksieskrywers. Sy skryf om die verlange na Suid-Afrika te help stil.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33088\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/4-35.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Blameer die skoenlapper<br \/>\n<\/em><\/strong>Elsa Winckler<br \/>\n9780799387018<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>A richly layered story about a guy who suddenly finds that he is the one thinking about settling down!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Josh neem vroumense uit en hy hou van hulle. Sodra hulle oor babatjies begin koer en vassteek voor juwelierswinkels, groet hy egter. Maar nou het hy Catharien ontmoet. Dis \u2019n probleem, want skielik wil hy bly \u2026 <em>Blameer die skoenlapper<\/em> is \u2019n Romanza met ongelooflike diepte. Dis ook een van die mees romantiese liefdesverhale wat in \u2019n lang tyd verskyn het. Elsa Winckler is \u2019n internasionaal gerekende romanseskrywer en het al drie keer die ATKV Woordveertjieprys vir Romanses gewen. Die heldinne in haar stories is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle s\u00ea te s\u00ea nie. Die helde is sterk, maar is ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. Elsa woon op Bettysbaai saam met haar man. Hy is haar studenteliefde.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33089\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/5-35.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Wie nie waag nie<br \/>\n<\/em><\/strong>Annetjie van Tonder<br \/>\n9780799387070<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>At school she dismissed him as a nerd. Twenty years later, whoa!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Gabi het op skool vir Reuel afgeskryf as \u2019n nerd. By hul re\u00fcnie twintig jaar later is die nerd nie meer \u2019n nerd nie, maar \u2019n aantreklike man vol selfvertroue. Sy wil, maar sal hy haar kan vergewe?<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33090\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/6-37.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Liefde in letters<br \/>\n<\/em><\/strong>Rika du Plessis<br \/>\n9780799387100<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>It\u2019s him! The one she could never forget. But now he is engaged.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Jennifer se hart mis \u2019n slag. Waldo, die man wat sy nooit kon vergeet nie, staan weer voor haar. Maar hulle kry nie \u2019n tweede kans nie, want hy onthou haar nie, boonop is hy verloof. Tog laat ou liefde hom nie so maklik afskud nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33091\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/7-33.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Uitgelewer aan die liefde<br \/>\n<\/em><\/strong>Maril\u00e9 Cloete<br \/>\n9780799386837<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>A wrestler, the headmaster of a school, a chirpy teenager and a number of stray cats: mix them up and you have an amazing love story!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Hoe gemaak wanneer \u2019n rofstoeier en skoolhoof op \u2019n klein Karoo-dorpie koppe stamp? Voeg \u2019n wysneus-tienermeisie, asook \u2019n hele paar rondloperkatte by en jy het \u2019n resep vir moeilikheid. Of wag, dalk net dalk, \u2019n resep vir liefde?<\/p>\n<p>Maril\u00e9 Cloete is die skrywersnaam wat Alta Cloete gebruik wanneer sy haar hand aan \u0149 romanse waag. Sy is baie trots daarop dat haar Romanzas net so goed vaar as haar ernstiger werk.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33092\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/8-33.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Liefde op die Nyl<br \/>\n<\/em><\/strong>Jol\u00e9ne de Koningh<br \/>\n9780799386868<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>Haar suster en ma reken \u2019n bootreis op die Nyl sal finale berusting vir haar bring n\u00e1 haar verbreekte verlowing. Troos kan egter verskillende vorme aanneem en in hierdie geval is hy aantreklik \u2013 lank, breedgeskouerd en gespierd.<\/p>\n<p>Jol\u00e9ne de Koningh is die Romanza-skrywersnaam van Lien Roux-de Jager. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33093\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/9-34.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Fees van versoening<br \/>\n<\/em><\/strong>Anna Penzhorn<br \/>\n9780799386899<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>It seems like the River Nile brings out the very best in men\u2026<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Mia moet \u2019n artikel oor die kunsskatte van die Van der Bijl-familie skryf. Max van der Bijl is koud en berekenend, maar hy maak ook haar knie\u00eb lam. Liefde tussen hulle is egter taboe. Sou sy kom kies, verlo\u00ebn sy haar familie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33094\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/10-28.png\" alt=\"\" width=\"148\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Liefste tinktinkie<br \/>\n<\/em><\/strong>Corn\u00e9 van Rooyen<br \/>\n9780799386926<br \/>\nR85,00<\/p>\n<p>A cisticola is a small, unobtrusive bird, until one notices its beauty. Armand notices the same traits in Carlie.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Carlie verskil heeltemal van die vrouens met wie Armand daagliks te make het en prikkel daarom sy belangstelling. Hy het egter vantevore sy kop met \u2019n jonger vrou gestamp en sal nie toelaat dat dit weer gebeur nie.<\/p>\n<p>Corn\u00e9 van Rooyen het n\u00e1 skool deeltyds gewerk en studeer toe deur Unisa waar sy haar LLB-graad verwerf het. Sy was nog altyd baie lief vir lees en het van kleintyd al haar eie stories geskryf met die droom om in gewilde skrywers soos Ena Murray en Schalkie van Wyk se voetspore te volg.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33095\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/11-29.png\" alt=\"\" width=\"156\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Hartewens<br \/>\n<\/em><\/strong>Madelie Human<br \/>\n9780799386981<br \/>\nR210,00<\/p>\n<p>Madelie Human is one of LAPA\u2019s best-selling fiction authors.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Madelie Human is een van Afrikaans se gerekende romanseskrywers en het al meer as 130\u00a0000 boeke verkoop. Sy skryf oor die ligter kant van die liefde en daarom is haar romantiese komedies so uiters gewild.<\/p>\n<p><em>Hartewens<\/em> is \u2019n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, <em>Onwelkome geskenk<\/em>, <em>Handomkeer<\/em> en <em>Le Fleur se hartebreker<\/em>.<\/p>\n<p>Madelie se eerste romanse, <em>Om Ben lief te h\u00ea<\/em>, is in 2009 met \u2019n ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses bekroon.<\/p>\n<p><em>Onwelkome geskenk<\/em>: Marile vertrou glad nie die Werner-vent wat met haar oupa konkel \u00e9n haar knie\u00eb lam maak nie. Hy is immers net n\u00f3g een van die mans wat in haar geld belangstel. Of maak sy \u2019n fout?<\/p>\n<p><em>Handomkeer<\/em>: Bea kom uit Johannesburg se agterstrate maar veg haar pad oop tot sy een van di\u00e9 wynmakers in die land is. Wat haar hinder, is dat die wynplaaseienaar verraderlike dinge aan hart en lyf begin doen.<\/p>\n<p><em>Le Fleur se hartebreker<\/em>: Voor die oestyd verby is, is Janneli een van die vroue in sy album vol gewese meisies. Dit is wat die Franschhoekvallei se hartebreker haar wed! Wel, ons sal sien, besluit Janneli.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33096\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/12-30.png\" alt=\"\" width=\"156\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Hartsbegeerte<br \/>\n<\/em><\/strong>Madelie Human<br \/>\n9780799387162<br \/>\nR210,00<\/p>\n<p>Yet another omnibus of Madelie Human\u2019s wonderful love stories.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Hierdie omnibus is \u2019n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, <em>Terug na jou<\/em>, <em>Kolwyntjie <\/em>en <em>Altyd die strooimeisie<\/em>.<\/p>\n<p><em>Terug na jou<\/em>: Een naweek het Mercia, Le Fleur-wynlandgoed se eienares, \u2019n man ontmoet aan wie sy onmiddellik verknog geraak het. Maar dit was net \u2019n droom want hulle was albei getroud; sy vrou sieklik en Mercia se man \u2019n pierewaaier. Nie een kon skei sonder om ander se lewe te verwoes nie. Hulle het mekaar prysgegee.<\/p>\n<p><em>Kolwyntjie<\/em>: Die gebakwinkel is Melani se droom wat werklikheid word. Haar ander droom word spoedig \u2019n nagmerrie toe haar en die mediese dokter se paaie kruis in dieselfde kantoorgebou. En nie sommer enige dokter nie, nie eens sy tweelingbroer kan aan haar doen wat h\u00fd met sy intense grys o\u00eb doen nie!<\/p>\n<p><em>Altyd die strooimeisie<\/em>: Zo\u00eb Davel besluit om nooit weer voor die kansel te staan nie \u2013 nie as strooimeisie nie en beslis ook nie as bruid nie, al stuur die hoogs aantreklike Meyer Malan haar hart heeltemal in \u2019n aweregse wentelbaan.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33098\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/13-30.png\" alt=\"\" width=\"244\" height=\"323\" \/><\/p>\n<p><strong><em>50 Prutpotgeregte<br \/>\n<\/em><\/strong>9780799382884<br \/>\nR160,00<\/p>\n<p>The slow cooker is a handy, economical way to cook fantastic food while you are concentrating elsewhere. Let us help you with lekker local recipes and ingredients.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>\u2019n Prutpot is een van die handigste, mees ekonomiese en gesondste maniere om smulgeregte vir die gesin voor te berei terwyl jy jou aandag en tyd elders spandeer. In Engels staan dit bekend as \u2019n <em>slow cooker<\/em> of \u2019n <em>crock pot<\/em>. \u2019n Prutpot is veilig en kan rustig prut terwyl jy werk, inkopies doen of die gesin vervoer.<\/p>\n<p>Hierdie pragtige, volkleurboek, <em>50 Prutpotgeregte<\/em>, wys ons vir jou hoe om met behulp van jou prutpot en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke, selfs poeding, gaar te maak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.<\/p>\n<p>Moenie bodder met Google en uitlandse bestanddele waarvan niemand nog gehoor het nie. Die resepte in ons boek maak gebruik van bestanddele wat moontlik reeds in jou koskas is, of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.<\/p>\n<p>In <em>50 Prutpotgeregte<\/em> wys ons jou hoe maklik dit is vir die prutpot heerlike kos voor te berei terwyl jy aangaan met jou lewe. Resepte sluit in: \u2019n Hoender- en rooiwynstowedis met kruiekluitjies, Romerige Sweedse frikkadelle, Gevlokte beesvleis, Koolrolletjies, Murgpampoentjiesop, Hongaarse ghoelasj, Italiaanse varkboud, \u2019n geurige Beesvleiskerrie, Sjokoladekoek, en \u2019n Sjokolade- en grondboontjiebotterpoeding.<\/p>\n<p>Ons gee ook wenke hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33099\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/14-28.png\" alt=\"\" width=\"144\" height=\"223\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Z is vir Zackie 9: Die dieretuin<br \/>\n<\/em><\/strong>Jaco Jacobs<br \/>\nIllustreerder: Alex van Houwelingen<br \/>\n9780799384253<br \/>\nR85,00<br \/>\n7+<\/p>\n<p>Zackie cannot wait to go to the zoo. Sadly the class bully is also going!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Vandag is \u2019n spesiale dag. Zackie se klas gaan dieretuin toe! Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie. Maar Anton gaan ook saam. Anton is \u2019n boelie. Hy hou vreeslik baie van spog. En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33100\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/15-26.png\" alt=\"\" width=\"140\" height=\"219\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Z is vir Zackie 10: Die vreemde fossiel<br \/>\n<\/em><\/strong>Jaco Jacobs<br \/>\nIllustreerder: Alex van Houwelingen<br \/>\n9780799384260<br \/>\nR85,00<br \/>\n7+<\/p>\n<p>When Zackie and Anton start digging for dinosaur bones, everyone laughs. But, who will have the last laugh?<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Zackie en Vincent is op soek na fossiele! Dalk is daar \u2019n T-rex in die tuin begrawe? Of \u2019n trikeratops in die parkie? Of \u2019n stegosourus op die sypaadjie! Almal dink hulle is laf. Daar is tog nie fossiele in Granaatstraat nie. Maar dan ontdek hulle iets fantasties!<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33101\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/16-20.png\" alt=\"\" width=\"204\" height=\"275\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Hoezit! Die wonderw\u00eareld van perde en ponies<br \/>\n<\/em><\/strong>Jaco Jacobs &amp; Fanie Viljoen<br \/>\n9780799383652<br \/>\nR80,00<\/p>\n<p>LAPA\u2019s best-selling non-fiction series has just grown bigger.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Wat is die verskil tussen \u2019n perd en \u2019n ponie? Watter soort perd kan meer as \u2019n klein motor weeg? Waarvoor word verskillende soorte perde regoor die w\u00eareld gebruik? Hoe moet jy jou perd of ponie versorg? Ontdek die wonderlike w\u00eareld van perde en ponies met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto\u2019s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderw\u00eareld van perde en ponies kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met van die indrukwekkendste perderasse, vind uit wat alles by \u2019n ryskool gebeur, ontmoet perde se verlangse familie in die diereryk, en ontdek \u2019n paar asemrowende perderekords! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis. Sedert <em>Hoezit!<\/em> se bestaan in boekvorm, is daar al meer as 51 700 kopie\u00eb van hierdie reeks verkoop.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33102\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/17-16.png\" alt=\"\" width=\"152\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Re\u00ebnboogrant Maats: Omnibus 1<br \/>\n<\/em><\/strong>Maritha Snyman<br \/>\n9780799380811<br \/>\nR180,00<br \/>\n9+<\/p>\n<p>Re\u00ebnboogrant is one of South Africa\u2019s most enduring series for younger readers. It is back, in a new jacket!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou vir die eerste keer in \u2019n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewens \u2013 tydens die Re\u00ebnboogrant-jare! In die <em>Re\u00ebnboogrant Maats<\/em>-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture \u2013 van \u2019n dief wat straatnommers steel, tot \u2019n droomrol in \u2019n balletkonsert.<\/p>\n<p>Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit di\u00e9 gewilde reeks: <em>Skelmstreke en kattekwaad<\/em>, <em>Alleen tuis<\/em> en <em>Die balletkonsert<\/em>.<\/p>\n<p>Die Re\u00ebnboogrant-boeke, waarvan die eerste in 1995 verskyn het, was uiter gewild. Re\u00ebnboogrant is destyds as \u2019n \u201cboeksepie\u201d beskryf. LAPA is trots om dit weer aan jong lesers beskikbaar te stel.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33103\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/18-16.png\" alt=\"\" width=\"244\" height=\"323\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Kattekwaad<br \/>\n<\/em><\/strong>Susan Ongansie<br \/>\nlllustreerder: Linki Lutz<br \/>\n9780799383904<br \/>\nR80,00<br \/>\n3+<\/p>\n<p>A fabulous tale of kittens by a brand-new South African author!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Susan Ongansie is \u2019n splinternuwe skrywer!<\/p>\n<p>Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.<\/p>\n<p>Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry \u2013 en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?<\/p>\n<p>Susan Ongansie is \u2019n grondslagfase-onderwyseres wat op Beaufort-Wes gebore en geto\u00eb is. \u201cDie aard van my werk bied \u2019n lekker geleentheid vir skryf, aangesien ek graag stories, liedjies en gediggies skryf wat vir my leerders relevant is. Ek geniet die genot op hul gesiggies.\u201d<\/p>\n<p>Linki Lutz het aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer met \u2019n cum laude vir haar prakties in Skone Kunste. Piet Grobler is haar peetpa, so sy wou van \u2019n vroe\u00eb ouderdom reeds \u2019n loopbaan as illustreerder volg.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33104\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/19-12.png\" alt=\"\" width=\"208\" height=\"250\" \/><\/p>\n<p><strong><em>Kom ons praat oor waar babas vandaan kom<br \/>\n<\/em><\/strong>Robie H. Harris<br \/>\nIllustreerder: Michael Emberley<br \/>\n9780799384307<br \/>\nR180,00<br \/>\n7+<\/p>\n<p>Sex education made fun \u2013 not squeamish!<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Hierdie deernisvolle boek fokus op belangrike dinge waaroor kinders wonder: babas, voortplanting, liggame, gene, grootword, liefde, gesondheid en nog baie meer. Die inligting word op \u2019n eenvoudige manier oorgedra met humoristiese kommentaar van \u2019n baie nuuskierige vo\u00ebltjie en \u2019n te\u00ebsinnig by wat sou verkies om eerder nie oor di\u00e9 dinge te praat nie! Vrolike volkleurstrokiesprentillustrasies help om die teks nog meer toeganklik te maak.<\/p>\n<p>Seksvoorligtingboeke vir jonger kinders is in groot aanvraag en hierdie titel is al vir 15 jaar in Amerika en Engeland \u2019n topverkoper.<\/p>\n<p>Robie H. Harris is \u2019n bekroonde skrywer wat veral bekend is as skrywer van kinderboeke oor seksualiteit. Sy het jare se ondervinding as onderwyser en as die direkteur van \u2019n n\u00e1skoolprogram vir jong kinders. Sy woon saam met haar man in Boston, VSA. Michael Emberley skryf en illustreer al meer as dertig jaar lank kinderboeke. Hy woon in Ierland.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-33105\" src=\"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/20-12.png\" alt=\"\" width=\"160\" height=\"236\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><em>Aksieheld Austin: Nag van grille<br \/>\n<\/em><\/strong>Skrywer en illustreerder: Fanie Viljoen<br \/>\n9780799380804<br \/>\nR110,00<br \/>\n9+<\/p>\n<p>On screen Austin is unstoppable. When he lands in trouble away from the cameras, would he be able to live up to his reputation?<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">*<\/p>\n<p>Ligte, kamera, aksie!<\/p>\n<p>Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G\u2019n wonder nie \u2013 hy is immers die ster van die gewilde <em>Aksieheld Austin<\/em>-rolprente. In die flieks is hy \u2019n dapper held met vuiste soos kanonkoe\u00ebls wat skurke laat les ops\u00ea!<\/p>\n<p>Die tweede fliek, <em>Aksieheld Austin: Nag van grille,<\/em> is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by \u2019n ou fliekteater in die stad gehou word.<\/p>\n<p>Die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, egter \u2019n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum \u2013 saam met \u2019n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip \u2026<\/p>\n<p>As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos \u2019n REGTE aksieheld moet wees!<\/p>\n<p>Di\u00e9 asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Few publishers celebrate love stories the way LAPA does. And, of course, the young ones are always catered for! \u00a0&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":213,"featured_media":187944,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_seopress_robots_primary_cat":"","_seopress_titles_title":"","_seopress_titles_desc":"","_seopress_robots_index":"","_kad_blocks_custom_css":"","_kad_blocks_head_custom_js":"","_kad_blocks_body_custom_js":"","_kad_blocks_footer_custom_js":"","_kadence_starter_templates_imported_post":false,"_kad_post_transparent":"","_kad_post_title":"","_kad_post_layout":"","_kad_post_sidebar_id":"","_kad_post_content_style":"","_kad_post_vertical_padding":"","_kad_post_feature":"","_kad_post_feature_position":"","_kad_post_header":false,"_kad_post_footer":false,"_kad_post_classname":"","footnotes":""},"categories":[804,963],"tags":[],"class_list":["post-198695","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-entertainment","category-what-to-read"],"taxonomy_info":{"category":[{"value":804,"label":"Entertainment"},{"value":963,"label":"What to read"}]},"featured_image_src_large":["https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/ben-white-167553-1024x684.jpg",1024,684,true],"author_info":{"display_name":"AfriForum W\u00eareldwyd","author_link":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/author\/sue-ann\/"},"comment_info":0,"category_info":[{"term_id":804,"name":"Entertainment","slug":"entertainment","term_group":0,"term_taxonomy_id":804,"taxonomy":"category","description":"","parent":0,"count":149,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":804,"category_count":149,"category_description":"","cat_name":"Entertainment","category_nicename":"entertainment","category_parent":0},{"term_id":963,"name":"What to read","slug":"what-to-read","term_group":0,"term_taxonomy_id":963,"taxonomy":"category","description":"","parent":804,"count":56,"filter":"raw","term_order":"0","cat_ID":963,"category_count":56,"category_description":"","cat_name":"What to read","category_nicename":"what-to-read","category_parent":804}],"tag_info":false,"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/ben-white-167553-scaled.jpg","fimg_url":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/10\/ben-white-167553-scaled.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/198695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/213"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=198695"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/198695\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":198696,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/198695\/revisions\/198696"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/187944"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=198695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=198695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/wereldwyd.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=198695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}