Skryf in

Naam en van(Required)
Bepalings en voorwaardes:
  1. Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  2. Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  3. Deelnemers mag nie direk familielede wees van enige AfriForum-, OZ Braai- of South African Events-personeel of enige direkte of indirekte belang by die borge van hierdie kompetisie hê nie.
  4. Deelnemers moet in Australië of/en in Nieu-Seeland woon.
  5. Inskrywings moet teen 25 Augustus 2025 deur middel van ons aanlyn aansoekvorm ingedien word. Geen skriftelike of laat inskrywings word aanvaar nie.
  6. Die gelukkige trekking vind op (Datum) plaas en die wenner word op sosiale media aangekondig.
  7. Sodra jou inskrywing ingedien en ontvang is, aanvaar AfriForum Wêreldwyd dat jy aan die kriteria voldoen om aan die kompetisie deel te neem en dat jy as deelnemer die bepalings en voorwaardes van die kompetisie aanvaar en as bindend beskou.
  8. Enige inligting wat met verloop van die kompetisie van enige deelnemers ingesamel word, word ingevolge die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 hanteer en verwerk.
  9. Deelnemers en ander partye wat hul persoonlike inligting met verloop van hierdie kompetisie beskikbaar stel, stem daartoe in dat dié inligting vir bemarkings- en/of werwingsdoeleindes aan die borge beskikbaar gestel mag word.
  10. Geen wysiging aan enige inligting wat op ’n inskrywing ingedien is, word ná die sluitingsdatum toegelaat nie.
  11. Die beoordelaars van die kompetisie is onafhanklik en hul beslissing is finaal.

Wat kan jy wen?