8 Dae in Provence

05/08/2016
| Deur Sue-Ann de Wet
8-dae-provence

Junie 2016

Was jy al in Provence as die mistralwinde waai?

Het jy al die sout geproe in ’n stofstorm in le Camargue, of die flaminke sien land teen die sakkende son?

Het jy al paella geëet by Les Majanes, of geswem in die see by Maries de la Mer? Ken jy die smaak van suiwer appelkoossap uit Mausanne les Alpilles, of vars gepersde olyfolie?

Het jy al foto’s geneem by Les Baux-de-Provence, of die uitsig bewonder by Gordes?

Het jy vir Van Gogh ontmoet, of die een-oor dachshund?

Het jy al in die laventelvelde gestap by Abbey Sénanque?

Het jy al op ’n wynplaas gebly by Domaine Des Peyre?

Ken jy die blou van die see by Cassis, het jy al in die mariene reservaat gesnorkel?

Kom dan, laat ons lewe: Die lewe is vir die lewendes.

Anton van Zyl

 

Deel op

Nuutste artikels