Onderneming in die kollig: Baobab

10/06/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
WW_Featured

Hierdie week se kollig is op Baobab. Baobab is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Baobab

Ons doel is om eksklusiewe gehalte-items te verkoop wat met Suid-Afrikaanse tradisies en neigings in gedagte verkry is. Of dit nou is om jouself te bederf, ’n geskenk aan ’n mede-Suid-Afrikaner of bloot vir ’n spesiale geleentheid. Ons het items van klein ondernemings regoor Kanada en Suid-Afrika gesoek, waarvan die meeste handgemaak is. Ons streef veral daarna om projekte te ondersteun wat werkskepping en goeie sake in Afrika ondersteun.

Wat as jy ’n spesifieke item het wat jy REGTIG, REGTIG uit Suid-Afrika wil hê, ons kan dit laat gebeur. Stuur net vir ons ’n e-pos en ons sal kyk wat ons kan doen. Stel ’n bestelling saam as ’n geskenk en ons sal dit namens jou verpersoonlik!

Ons is gedurig opsoek na items om by ons winkel te voeg. As jy ’n entrepreneur, klein onderneming of net iemand is wat mooi goed maak – kontak ons indien jy belangstel om saam met Baobab te werk.

Gaan kyk na ons WINKEL vir items wat in ons winkel beskikbaar is!

Die Sagole-kremetart (ook Sagole Groot Boom, Venda: Muri kunguluwa (d.i. boom wat brul), of Muvhuyu wa Makhadzi) is die grootste kremetartboom in Suid-Afrika. Dit is in die Limpopo-provinsie geleë en het ’n stamdeursnee van 10,47 meter en omtrek van 32,89 meter. Die kremetartboom het my betower vandat ek my eerste treë gegee het. Dit is werklik ’n merkwaardige, intimiderende boom.

Ek het in die Bosveld-streek van Suid-Afrika grootgeword en het ’n sterk verlange na Afrika wat nooit sal verdwyn nie.

Ons het in 2017 na Kanada geëmigreer en was geweldig bevoorreg om ’n ander land te ervaar en heeltemal verlief te raak daarop. Dit het net sin gemaak dat ons ons gunstelinge met ons nuwe tuiste deel en om te help om die leemte te vul vir al die mense wat soms huis toe verlang.

Ons streef daarna om klein ondernemings in Kanada en Suid-Afrika te ondersteun, om mense in nood te bemagtig, en om ons winkel met gehalte-items te vul wat met absolute liefde en moeite gemaak is.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Baobab

Klik hier om Baobab se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Baobab op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: The Baking Saffa

Deel op

Nuutste artikels