Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.
AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!
Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Kanada wat julle kan ondersteun.
Auburn Koi
Dit is ’n platform waar Suid-Afrikaanse tradisies Kanadese kultuur ontmoet – van juwele en klere tot die skep van jou eie geskenkbokse. Lees meer.
Bokkie’s Biltong
Ons is ’n provinsiaal gelisensieerde slaghuis en vleisprosesseringsfasiliteit in Barrie, Ontario. Ons spesialiseer in Suid-Afrikaans geïnspireerde, gras gevoerde bees-jerky, wildsvleis en plaasvars plaaslik geproduseerde Ontario-vleis. Lees meer.
Boabab
Ons voer pragtige, eg Suid Afrikaanse produkte in en verkoop dit aanlyn in Kanada en die VSA. Ons streef veral daarna om werkskepping en klein sakeondernemings in Suid-Afrika te ondersteun. Ons maak ook graag geskenkbokse vir mense wat vir hul geliefdes hier aan die anderkant van die see iets wil stuur, maar ons bring ook bietjie bederf aan enigiemand wat hulself wil bederf met iets wat hul na aan die hart lê. Ons troos verlange met vellies tot tafeldoeke met proteapatrone. Lees meer.
Aubergine Foods
Aubergine Foods is jou bron vir Suid-Afrikaanse trooskos, plaaslike produkte en organiese kruideniersware. Lees meer.