Onderneming in die Kollig: Vaca Pintada – Painted Cow Art & Craft Studio
Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.
Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.
Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.
Hierdie week se onderneming in die Kollig is Vaca Pintada – Painted Cow Art & Craft Studio in Portugal.
Vaca Pintada (Afrikaans: Geverfde koei) is ’n instapateljee in Faial, Azores, waar mens jou aan kuns en huisflyt kan oorgee.
Ons verkoop ook handgemaakte items soos speelgoed, oorspronklike kunswerke kunstige knope, harsjuwele en ’n klein versameling huisvlyttoerusting soos verf-volgens-nommers-pakkette, kinderflyt, handgemaakte houtgroetekaartjies en soveel meer.
Kontak Vaca Pintada
E-pos: triciaclairewalters@gmail.com
Klik hier om Vaca Pintada se Facebook-blad te besoek.
Klik hier vir Vaca Pintada op Wêreldwyd se Wêreldgids.