Marinda Kook maak heerlike Grootword-appeltert.
Bestanddele
- 411 g (1blik) tertappels – gedreineer
- 2 eiers
- 190 ml strooisuiker
- 5 ml vanieljegeursel
- 85 ml melk
- 60 ml botter gesmelt
- 250 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml sout
Metode
- Klits die eiers , strooisuiker en vanielje saam
- Klits die melk by en dan die gesmelte botter.
- Sif die droe bestanddele saam en klits dit alles by die eiermengsel.
- Gooi die beslag in ‘n gesmeerde tertbak en druk die appels in die deeg.
- Bak vir 30 – 40 minute by 180C
SOUS
Kook 1 blikkie Idealmelk, 125 ml room, 250 ml suiker en 5 ml vanieljegeursel saam totdat die suiker opgelos is. Gooi dit oor die tert die oomblik as dit uit die oond kom