deur Christa Steyn-Bezuidenhout
Ilze Nieuwoudt, publikasiebestuurder by Kraal Uitgewers en ma van twee, meen sy is nie skaam daaroor om te erken dat sy eintlik ’n “groot nerd”’ is nie.
Dié borrelende donkerkop het Joernalistiek by die Universiteit van Pretoria studeer en werk al sowat 15 jaar in die mediabedryf. Sy was voorheen ’n joernalis en mediaskakelbeampte en is sedert 2012 by Kraal Uitgewers betrokke. Nieuwoudt het onlangs ’n draai in Maroela Media se ateljee gemaak om oor haar jongste boek Prinsessie en Boekeman en Kraal Uitgewers se kinderboekafdeling te gesels.