Onderneming in die Kollig: Meat Point Switserland

06/12/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
meat1

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Meat Point in Switserland.

Dit is nie net nog ’n winkel met ekspats as eienaars nie, ook nie ’n gewone deli, of ’n vervelige wynboetiek nie. By Meat Point verkoop ons boerewors, spek, biltong, droëwors, pasteie, vars Switserse vleis en meer. Dit word met die hand gemaak in Switserland deur tradisionele metodes en resepte op vleis wat plaaslik verkry is, te gebruik.

Ons vervaardig, in vennootskap met Closwa, beesbiltong en ander gedroogde produkte in Namibië en voer dit in na Switserland en die EU.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels