Onderneming in die Kollig: Ynique Vellies

20/12/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
ynique-vellies4

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.


Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak. Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.


Hierdie week se onderneming in die Kollig is Ynique Vellies in Nieu-Seeland. Vir mense wat hou van ’n goeie paar Suid-Afrikaanse vellies – hierdie ingevoerde skoene is eg Suid-Afrikaans en die reuk daarvan laat ons dink aan die Bosveld. Hulle is almal 200% Ynique and 100% handgemaak …
Enige Suid-Afrikaner wat ’n vellie ruik sal ’n stukkie van die huis onthou … dra vellies met trots!

Deel op

Nuutste artikels