Wat bied Die Wolkskool vir leerders wat steeds in die buiteland gestrand is a.g.v. Covid-19

04/06/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
101607156_1175649189485039_6366443474698371072_o

Die Wolkskool is ontwikkel om Afrikaanse skole, onderwysers en leerders te ondersteun en te versterk deur hulle met vaardighede wat relevant is vir die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) toe te rus.

Hierdie aanlyn leerplatform vir Graad 1 tot 12 is ontwikkel deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS). Die gratis gebruik daarvan tydens die Korona-inperking, deur meer as 115 000 leerders, word moontlik gemaak met die ondersteuning van die Solidariteit Beweging, Virseker en baie ander donateurs. Met die geweldige toename in getalle en fondse kry Die Wolkskool nou die geleentheid om ʼn nuwe fase te betree. Die oogmerk is om die oorspronklike mandaat te verwesenlik, nl. om aanlyn leer met die onderrig in die klaskamer te help integreer sodat onderwysers optimaal ondersteun word om leerders effektief vir die toekoms voor te berei.

Daar is reeds sowat 4000 lesse in Afrikaans in video-formaat deur professionele onderwysers geskep. Leerders kan die lesse in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas, aanvullend tot skoolonderrig, deurkyk. By elke les kry leerders die geleentheid om hul eie kennis te toets deur die toepaslike assesserings te doen. Resultate word so gou moontlik beskikbaar gestel en hulle kan oor die onmiddellike resultate nadink en die toets herhaal totdat hulle die kennis bemeester.

Gereelde blog-artikels met wenke vir ouers oor hoe om hul leerders te ondersteun, word gereeld op https://skole.co.za/blogs/ gepubliseer.

Opsommend lyk Die Wolkskool se nuwe funksionaliteite vir onderwysers, wat onlangs geïmplementeer is, of binnekort geïmplementeer word, as volg:

  1. Onderwysers kan self aanlyn klasse skep en leerders daarmee koppel.
  2. Dis nou moontlik om meer as een onderwyser per klas te hê.
  3. Dis nou moontlik om afkondigings/boodskappe/dokumente aan leerders en ouers te stuur.
  4. Toegang tot verbeterde vorderingsverslae van leerders of klasse (binnekort).
  5. Toegang tot verbeterde assesseringsuitslae van leerders of klasse (binnekort).
  6. Onderwysers kan opdragte skeduleer en leerders kan dit elektronies indien.
  7. Kalenderitems soos toetse kan geskeduleer word (binnekort).

Hierdie funksionaliteit kan uiteraard beteken dat selfs al bevind die leerder hom- of haarself in ʼn ander land as hul tuisland, hulle steeds kan skakel met hulle betrokke onderwyser en so op datum bly met die inhoud wat deur die res van die klas behandel word.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels