In my vorige Naweek Nadink het ek beklemtoon dat respek of eer teenoor mekaar, hetsy in persoon of op sosiale media, belangrik is. Wat dit egter nie beteken nie, is dat alles oor die persoon (of jou) moet gaan. Die moeilike gesprekke en situasies bou karakter indien jy daardeur werk.
Die toekoms van die advertensiewese is “content marketing”, of eerder “content marketing” begin die advertensiewese stadig doodwurg. Die ander meer bekende strategie wat hierdie gedagte vir my mooi saamvat is die “Freemium”-prysstrategie, wat behels dat die produk of diens gratis is as wegspringplek.
Met ander woorde, wat ek die heeltyd beklemtoon is dat die wegspringplek die ander persoon of kliënt se behoeftes moet wees met gepaardgaande waardetoevoeging.
Wat egter vir my ironies is, is die feit dat terwyl dinamiese ondernemings al hoe meer beweeg na gratis waardetoevoeging as wegspringplek, die wêreld al hoe meer polities korrek raak ten einde ’n minderheidsgroep te akkommodeer. Byvoorbeeld die maatskappy met 50 000 werknemers wat ’n beleid verander ten einde die 17 mense met hul dun velle te akkommodeer omdat hulle aanstoot geneem het.
Wat ek probeer sê is die volgende: Omdat jy as mens waarde het, gee dit jou nie ’n lisensie om alles oor jóú te maak nie. Moenie ’n karakterontwikkelingsgeleentheid mis omdat jou vel ’n bietjie dun is nie. Dis juis die pynlike en ongemaklike gesprekke wat daardie vel dikker gaan maak. ’n Goeie karakter is jou fondasie vir sukses.
In verlede week se onderhoud met dr. Dirk Koekemoer was dit vir my werklik inspirerend hoe hy die wêreld ’n beter en gesonder plek maak. Hy het ’n uitwaartse fokus, maar in die proses maak hy mense gesond en skep hy werk, terwyl hy finansieel beloon word daarvoor.
ONTHOU!
– Luister na my nuutste onderhoud met dr. Dirk Koekemoer, stigter van die biomediese maatskappy eMoyo. Klik hier
– Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik hier