Sekerlik een van my grootste ontnugterings – in tien maande terug in Suid-Afrika – is hoe gejaagd, en terselfdertyd, inwaarts gefokus baie mense is. As ’n mens nie daadwerklik stappe neem om jou aktiwiteite te prioritiseer nie, dan word alles belangrik.
As alles belangrik raak, beweeg die lewe al hoe vinniger. Jy skeep juis dan die dinge af wat wel belangrik is, byvoorbeeld goeie (ou en nuwe) vriende, familie en jou gesondheid.
Wie is daai persoon wat jy met vrymoedigheid 3:00 die oggend kan bel as die papaja die waaier tref?
Vat dit bietjie rustiger, dink en prioritiseer jou aktiwiteite. Dit help nie jy hardloop vinniger in die verkeerde rigting nie. Gaan stadiger ten einde te versnel.
Geseënde Kersfees en 2019 vir jou en jou geliefdes! Gesels weer met jou in die nuwe jaar.
ONTHOU!
- Kry my eBoek 52 GRATIS!Klik hier
- Lees my onderhoud met com: Lees hier
- Luister my onderhoud op Podlitiek Podsend: Luister hier