Akademia teken samewerkingsooreenkoms met Hongaarse universiteit

01/02/2023
| Deur AfriForum Wêreldwyd
photo-1563514227147-6d2ff665a6a0

Die Hongaarse Universiteit van Landbou- en Lewenswetenskappe (afgekort as MATE) en Akademia het op Dinsdag 31 Januarie amptelik ʼn samewerkingsooreenkoms tydens ʼn geleentheid by die instelling se Centurion-kampus onderteken. Dr. Dávid Bencsik, hoof van die Direktoraat van Internasionale Sake en Buitelandse Verhoudinge van MATE het die ooreenkoms namens MATE met Akademia onderteken. MATE, voorheen bekend as die Szent István-Universiteit, is een van die grootste hoëronderwysinstellings vir landbou in Europa.

Die samewerkingsooreenkoms, wat geldig is vir vyf jaar, fokus hoofsaaklik op die samewerking tussen die instellings vir die ontwikkeling van landbou- en lewenswetenskappe deur middel van akademiese samewerking in die areas van navorsing, onderrig en fakulteitsontwikkeling.

Volgens die ooreenkoms sal die samewerking onder andere die volgende behels:

  • Die uitruil van studente vir studie en navorsing tussen beide instellings
  • Die uitruil van professore, navorsers en administrateurs deur wedersydse besoeke
  • Uitruil van inligting en publikasies wat betrekking het op onderrig en navorsing
  • Implementering van samewerkende onderrig en navorsingsgeleenthede

Met die vooruitsig dat Akademia in die toekoms sal beskik oor ʼn volwaardige kampus, word daar ook beplan aan ʼn verskeidenheid nuwe programme soos ʼn studierigting in die Landbouwetenskappe. Volgens prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia, sal die nuwe kampus ruimte bied, in die vorm van ʼn proefplaas met die nodige fasiliteite, vir uitnemende onderrig en navorsing op die landbougebied. “Landbou, wat nou verband hou met voedselsekerheid, is ʼn vakgebied wat tans vinnig ontwikkel en uitbrei. Dit is daarom eerstens belangrik dat Akademia bande bou met van die beste landbou-universiteite in die wêreld, soos MATE, met die vooruitsig om ons aan die voorpunt van landbouontwikkeling in die wêreld te kan posisioneer.”

Hy voeg by dat MATE ʼn multidissiplinêre benadering volg, en dat daar ook gekyk word na die skakeling van landbou met ander dissiplines deur middel van ʼn stelselbenadering. “Van hierdie dissiplines sluit natuurlike hulpbronne, die omgewing, water, landskappe en lewensgehalte in. Hierdie benadering komplementeer Akademia se strewe om die groter geheel raak te sien en daarom sien ons uit na die samewerking met MATE.”

Verteenwoordigers van die Solidariteit Beweging het oor die afgelope paar jaar verskeie besoeke aan Hongarye gebring met die oog op die ontwikkeling van nouer samewerkingsbande tussen die twee lande. Een van die gebiede van samewerking waarna gekyk is, is ontwikkeling op die hoëronderwysterrein. Dit was as gevolg hiervan dat die geleentheid van samewerking tussen Akademia en MATE voortgespruit het.

Volgens Rautenbach streef Akademia daarna om te ontwikkel tot ʼn wêreldklas hoëronderwysinstelling, terwyl daar steeds gestand gedoen word aan ons bestaansrede, visie en waardes. “Dit is daarom belangrik dat ons verhoudings ontwikkel met van die beste universiteite in die wêreld wat na soortgelyke horisonne strewe.”

Rautenbach noem verder dat MATE een van hierdie instellings is en dat dit gesien kan word in die rektor van die universiteit se verwelkomingsboodskap aan studente: “Ons oorweeg lesse geleer van die mees suksesvolle Europese universiteite en ons kombineer ons tradisies met die oplossings van die moderne eeu. Ons langtermyndoelwit is om MATE een van die dertig beste landbou-universiteite in die wêreld te maak.”

Volgens Bencsik is MATE verheug om ʼn formele verhouding met Akademia te vestig. “Ons glo dat ons baie soortgelyke waardes en ʼn opvoedingsideaal met Akademia deel, en ons glo dat hierdie memorandum van verstandhouding maar net die begin is van baie toekomstige ondernemings.”

Volgens dr. Celia Booyse, bestuurder van Programontwikkeling en Gehalteversekering by Akademia, is samewerking met internasionale universiteite een van die belangrikste aspekte van Akademia se uitbreiding. “Dit is veral belangrik met betrekking tot die erkenning en ontwikkeling van nuwe kwalifikasies, asook navorsing en die uitruil van studente vir internasionale blootstelling.”

“Akademia sien uit om samewerking met MATE aan te pak en vir ons toekomstige studente wêreldklas opleiding in landbou en die lewenswetenskappe te bied,” sluit Rautenbach af. Vir meer inligting oor Akademia, besoek gerus die webblad hier.

Prof. Danie Goosen, akademiese hoof by Akademia, Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Akademia-direksielid, Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, dr. Dávid Bencsik, hoof van die Direktoraat van Internasionale Sake en Buitelandse Verhoudinge van MATE en prof. Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia.

Deel op

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels