Author: Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants Limited is ’n maatskappy wat spesialiseer in immigrasiekwessies in die Verenigde Koninkryk, Ierland en Suid-Afrika. Breytenbachs Immigration Consultants, word gereguleer deur die IAA (Immigration Advice Authority), verwysingsnommer F201000144, wat ons kliënte die gemoedsrus kan gee dat ons hulle beste belange op die hart dra. Ons moet aan baie streng reëls voldoen om te verseker dat ons bekwaam is en ingelig is oor al die nuutste veranderinge in immigrasiewetgewing. Ons konsultante het baie jare se immigrasie-ondervinding en is geakkrediteer tot op IAA vlak 3, die hoogste akkreditasie waaroor ’n immigrasiefirma volgens die Verenigde Koninkryk se immigrasiewette kan beskik. Dit beteken ons kan jou bystaan met enigiets van die eenvoudigste immigrasiekwessies tot meer gekompliseerde sake soos immigrasie-appèlle en hersienings. Ons geaffilieerde Suid-Afrikaanse immigrasie-adviseurs wat in Suid-Afrika gebaseer is, is geregistreer by FIPSA, die professionele liggaam vir immigrasie-adviseurs in Suid-Afrika. Dit kan jou die gemoedsrus gee dat jou sake in goeie hande is. Buiten die feit dat ons die mees professionele raad kan gee, is dit ons missie om die beste kliëntediens moontlik te lewer. Ons het ’n persoonlike benadering tot al ons sake en ons streef na uitmuntende kliëntediens. Of jy nou op soek is na basiese bystand of ’n meer ingewikkelde kwessie het waarmee jy hulp nodig het, ons span staan gereed om jou by te staan.

End of content

End of content