Belangrike vrae voor en tydens emigrasie

12/07/2021
| Deur Alana Bailey
getty_639318992_2000133320009280367_371926

Deur Alana Bailey

In ’n vorige artikel, Moenie vlieg sonder ’n vangnet nie, het Wêreldwyd genoem dat dit nodig is om die emigrasieproses met groot omsigtigheid aan te pak. Die afgelope twee weke het ons egter weer van verskeie gevalle verneem waar mense in groot nood in die buiteland verkeer weens onoordeelkundige besluite wat geneem is. Om die rede noem ons enkele sake wat ’n mens in gedagte moet hou wanneer jy besluit om tydelik of permanent in die buiteland te gaan woon:

Beplanning vir die buiteland:

  • Sorg dat jy mediese versekering het. Al is jy hoe jonk of gesond, as jy in ’n ongeluk beseer word, of onverwags siek word, kan hospitaalkoste in die buiteland maklik honderdduisende rande beloop en ’n repatriasievlug letterlik miljoene.
  • Maak seker die werksaanbod en immigrasiedokumentasie wat jy kry is geldig. “Agente” loop mense soms lelik in met vals dokumentasie. Werk saam met adviseurs wat al dekades in die bedryf is en ’n gevestigde reputasie het.
  • Moenie ’n beurs of salaris wat aangebied word, na rand omskakel nie. Kyk wat die lewenskoste in die bepaalde land is en vergelyk die bedrag daarmee om seker te maak of jy daarop sal kan oorleef.
  • Stel vas hoe inkomstebelasting jou gaan raak om te voorkom dat jy dubbel belasting gaan betaal in beide Suid-Afrika en jou nuwe tuiste.
  • Maak seker watter rugsteunplanne bestaan as jou werkgewer skielik jou pos sou afskaf of die besigheid sou sluit.
  • Maak seker dat jy die besigheidstaal of -tale van die land waar jy gaan woon, vlot praat.
  • Sou jy besluit om in die buiteland te studeer, maak seker dat die instelling en kwalifikasie in Suid-Afrika en elders geakkrediteer en erken word.
  • Moenie voor die voet besittings saamneem nie. Elke land het voorskrifte van items wat nie daarheen geneem kan word nie – jou ketelbraaier gaan dalk ’n onwettige invoerproduk wees wat jy gaan verbeur en dan het dit onnodig spasie in jou vraghouer opgeneem. Net so gaan jou gunsteling lakens dalk nie op die land se beddens pas nie. Expat-groepe kan nuttige wenke hieroor gee.
  • As jy troeteldiere het, is die koste om hulle saam te neem, hoog, maar om troeteldiere in die buiteland te koop, is self besonder duur. As jy diere hier agterlaat by vriende, familie of skuilings, is die kans dat hulle ‘n goeie permanente huis gaan vind en suksesvol gaan aanpas, bitter skraal. Moet dus ook nie ’n klein hondjie of katjie kry as jy beplan om binnekort te emigreer nie.
  • Vir kinders kan emigrasie baie traumaties wees. Hou kontak met hulle nuwe onderwysers, want soms lyk dit tuis of alles in orde is, maar op skool raak hulle probleme duidelik.
  • Die staat gaan jou nie repatrieer na Suid-Afrika in geval van nood nie. Die koste gaan jou en jou familie se verantwoordelikheid wees.
  • Tans is dit nodig om seker te maak jy bly op hoogte van die COVID-19 regulasies van beide Suid-Afrika en die land waarheen jy gaan, asook ander lande waardeur jy dalk mag reis op pad na die eindbestemming. Daar is deurentyd nuwe verpligtinge met betrekking tot inenting, kwarantyn en grense wat sluit.
  • Moenie asiel of vlugtelingstatus as kortpad vir immigrasie oorweeg nie. Dit word selde goedgekeur, ongeag die huidige misdaadsituasie in Suid-Afrika, en indien jou aansoek wel slaag, is hierdie tipe status tydelik en uiters beperkend. Sou dit nie slaag nie, word die feit dat jy aansoek gedoen het, wel aangeteken, wat dit baie moeilik kan maak om in die toekoms weer toegang tot buitelandse lande te kry.

Moenie brûe in Suid-Afrika verbrand nie – die kans dat jy eendag na Suid-Afrika sal terugkeer, kan nooit uitgeskakel word nie:

 

  • Moenie skuld of boetes agterlaat nie. Die arm van die gereg is lank.
  • Hou indien moontlik ’n bankrekening in Suid-Afrika aktief, want om een uit die buiteland te probeer open, is moeilik tot onmoontlik, afhangend van jou persoonlike omstandighede.
  • Verkoop eers duur bates soos huise en voertuie as jy redelik permanent in die buiteland gevestig is, anders sal jy wat jy gehad het dalk nie meer kan bekostig as jy onverwags sou moes terugkeer nie.
  • Dink mooi voor polisse afgekoop word.
  • Moenie te gou jou mediese versekering in Suid-Afrika beëindig nie. As jy sou terugkeer, gaan jy voortaan ’n heffing betaal as deel van jou mediese fondspremie, bereken op grond van elke jaar wat jy nie ’n lid van ’n Suid-Afrikaanse fonds was nie.
  • Wanneer jy buitelandse burgerskap wil aanvaar, doen eers om behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek, anders is die kans baie groot dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap gaan verloor.
  • Hiermee saam, hou jou burgerskap in stand, maar ook jou Suid-Afrikaanse paspoort en gebruik altyd die Suid-Afrikaanse paspoort om Suid-Afrika binne te kom en dit te verlaat.
  • As jy ’n beroep beoefen waar jy by ’n professionele raad moet registreer om te mag praktiseer, moet jy die registrasie aktief hou. Sou jy na ’n paar jaar terugkom en jou registrasie het intussen verval, mag die betrokke raad jou dwing om van voor af eksamens af te lê, ekstra betalings te maak, of gemeenskapsdiens te doen, ongeag watter hoogtes jy in jou beroep in die buiteland bereik het.

Stuur gerus enige navrae in dié verband aan Wêreldwyd.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels