Besigheid in die Kollig: Kalahari Moon

22/08/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
332070_249620598424824_353546538_o-1200x800

Ons unieke Wêreldgids het alles wat jy nodig het om die verlange huis toe beter te maak. So eg Suid-Afrikaans soos Anton Goosen liedjies op die langpad. Elke week kies Wêreldwyd ‘n besigheid vanaf die Wêreldgids om in die Kollig te staan. Hierdie week se besigheid in die Kollig is Kalahari Moon in die Verenigde Koninkryk.

Sentraal geleë in die Saffa-gemeenskap in die Bristol area en effe weggesteek aan die agterkant van St. Nick’s lê Kalahari Moon, of the wel “The South African Shop in Bristol,” tjok-en-blok gepak met al jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye, kosse en drinkgoed. “Feels like home” het iemand in die gasteboek geskryf.

Kalahari Moon is daagliks oop vanaf 09:30 tot 17:00 en is slegs op Sondae toe. So nou het jy maklik toegang tot ou Suid-Afrikaanse gunstelinge soos All Gold tamatiesous en appelkooskonfyt, Creme Soda, biltong en ja, selfs ‘n yskoue Castle Lager.

Besoek Kalahari Moon se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou besigheid op die Wêreldgids

Besoek Kalahari Moon se webblad hier

 

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels