Blootgelegde onteieningslys: AfriForum, TLU SA en Sakeliga gaan gesamentlike regstrategie ter beskerming van eiendomsreg ontwikkel

14/08/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
F.l.t.r.-Ernst-Roets-Deputy-CEO-of-AfriForum-Kallie-Kriel-CEO-of-AfriForum-Louis-Meintjes-President-of-TAU-SA-and-Piet-le-Roux-CEO-of-Sakeliga

AfriForum, die landbou-unie TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het besluit om kragte saam te snoer en ’n gesamentlike regstrategie te ontwikkel om die regering se voorgenome planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, teen te staan.

Dié besluit volg nadat ’n interne besprekingsdokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (DRDLR), wat ’n lys bevat van eiendomme wat vir onteiening geoormerk word, deur ’n betroubare bron aan AfriForum verskaf is. Die onthulling van die lys is voorafgegaan deur bevestigings deur sowel Zizi Kodwa, hoof van die presidensie, as ander lede van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) dat die DRDLR oor ’n onteieningslys van 139 eiendomme beskik. Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het ook aangedui dat haar departement reeds grond vir onteiening geïdentifiseer het, maar dat sy die lys nie gaan openbaar nie, aangesien dit as waarskuwing vir benadeelde eienaars sou dien en dié eienaars die geleentheid sou gee om op regsaksie voor te berei. Die blootlegging van die lys volg ook op president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat hy en die ANC die Grondwet wil wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Na aanleiding van bevestigings deur ANC NUK-lede en die minister stem al drie organisasies saam dat ’n onteieningslys wel bestaan. Die Instituut vir Rasseverhouding se bevinding dat die lys geloofwaardig is en die feit dat die meerderheid eiendomme op die lys aan die departement se beskrywing voldoen van watter kategorieë eiendomme geteiken gaan word, is genoegsame redes om die onteieningslys met erns te beskou en nie bloot af te maak nie.

AfriForum, TLU SA en Sakeliga het hul onderskeie lede en ander mense wie se eiendom op die lys verskyn, versoek om die organisasies te kontak en inligting te verskaf sodat die drie organisasies gesamentlik op ’n strategie kan besluit om diegene by te staan wat nadelig geraak word. Al drie organisasies het aangedui dat hulle reeds oorval is deur lede en ander mense wie se eiendom op die onteieningslys verskyn.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die bedreiging wat onteiening sonder vergoeding inhou van só ernstige aard dat verdeeldheid tussen die voorstanders van die beskerming van eiendomsreg nie bekostig kan word nie. “Saam is ons sterker,” sê Kriel. Kriel dui ook aan dat ander voorstanders van die beskerming van eiendomsreg welkom is om by die organisasies se samewerkingsaksie aan te sluit. Volgens Kriel het AfriForum reeds gesprekke met leiersfigure gevoer wat deel is van AgriSA se provinsiale filiale, en dié leiers ondersteun AfriForum se openbaarmaking van die onteieningslys.

Louis Meintjes, president van TLU SA, sê dat eiendomsreg en vergoeding teen markwaarde die sleutel is tot ’n volhoubare ekonomie en ekonomiese groei. “Hierdie twee beginsels mag nooit ter syde gestel word nie. Dié saak is groter as enige persoon of instansie. Saamstaan is die enigste werkbare sukses vir grondeienaars in Suid-Afrika.”

Piet le Roux, Sakeliga se uitvoerende hoof, wys daarop dat die ANC kommerwekkende ooreenkomste met Zimbabwe se Zanu-PF begin toon: “Of die blootgelegde lys die finale lys is al dan nie, is nie die kruks van die saak nie. Die feit is dat die ANC wél ’n lys het van plase wat die party met toetssake, onder die huidige Grondwet, wil onteien. Dit beteken dat die ANC, net soos ZANU-PF destyds in Zimbabwe, gaan probeer om beslaglegging op plase (’n fundamenteel ongrondwetlike daad) met prosedurele legitimiteit te beklee. As sakelui-, landbou- en burgerregte-organisasies is dit ons plig om – in almal se belang – die Zimbabwe-scenario te verhoed deur oor ’n breë front saam te werk.”

Deel op

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels