Boek van die week: Karlien kan nie kook nie

25/10/2019
| Deur AfriForum Wêreldwyd
book-pages-college-education-448835

Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”

Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!

Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.

Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.

Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!

Karlien kan nie kook nie

Karlien van Jaarsveld & Izelle Hoffmann

Imprint: LAPA

Cookbook

9780799396119

R320,00

 

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels