Die voordele van ‘n buitelandse finansiële portefeulje

09/06/2016
| Deur Sue-Ann de Wet
The-benefits-of-a-cross-border-financial-portfolio

Die besluit of ‘n mens buiteland toe moet trek of nie is natuurlik baie persoonlik. Jy is dalk in hierdie penarie en wonder of jy moet oppak en Suid-Afrika verlaat op soek na ‘n nuwe lewe en beter geleenthede in die buiteland. Of miskien het jy reeds die besluit geneem en is besig om die emigrasieproses te finaliseer; of dalk woon jy reeds in die buiteland.

Dit maak nie saak waar jy jouself bevind nie; as Suid-Afrikaner het jy die reg om jou geld oor grense heen te skuif. Natuurlik vereis finansiële migrasie – ongeag waar jy is – dat jy aan sekere wette en regulasies voldoen. Hoewel hierdie regulasies veeleisend is, kan dit doeltreffend bestuur word.

Waar moet jy belê?
Die internasionale mark is op die oomblik baie wisselvallig en baie beleggers krap kop oor waar die beste plek is om hul geld te belê.

In Suid-Afrika maak die dreigende kredietafgradering en die politieke atmosfeer baie mense paniekerig.

In die buiteland sien ons hoe die VSA worstel met rentekoersaanpassings en die wipplankryery van politieke retoriek soos die Amerikaanse presidensiële verkiesing naderkom, terwyl die Verenigde Koninkryk ʼn referendum in die gesig staar wat ʼn einde kan maak aan hulle lidmaatskap van die Europese Unie (Brexit).

Hierdie faktore maak beleggers reeds versigtig, maar daar is nog vele meer, waaronder die toestand van die Chinese ekonomie, die konflik in die Midde-Ooste, die Grieke se skuldlas, die herstrukturering van die Franse arbeidsmark en die olieprys.

Watter moontlikhede is daar vir jou?
Ongeag of jy nog in Suid-Afrika woon of reeds buiteland toe getrek het, is daar verskeie voordele aan ʼn internasionale finansiële portefeulje.

Verspreiding van risiko
Vir Suid-Afrikaanse burgers is internasionale beleggings sinvol, want dit help om jou risiko te versprei. Die verspreiding van beleggings oor verskeie lande en geldeenhede is ekstra beskerming vir jou algehele beleggingsportefeulje.

Verbeterde prestasie en stabiliteit
Al is internasionale markte redelik onstuimig, bied dit steeds meer stabiliteit en versekering as die Suid-Afrikaanse mark, veral as die devaluasie van die rand in ag geneem word. Buitelandse beleggings gee jou die geleentheid om voordeel te trek uit internasionale markprestasie en meer stabiele geldeenhede.

Beskerming teen devaluasie van die rand
Buitelandse beleggings kan jou in die toekoms beter koopkrag bied deur die beskerming van buitelandse valuta. Deur in die buiteland te belê, kan jy moontlik die waarde van jou geld verhoog as jy in die toekoms jou dollar- of sterlingbeleggings wil terugruil vir rand. Dit is ʼn seldsame geval waar die depresiasie van die rand vir jou tot voordeel kan wees.

In Junie 2006 sou een Australiese dollar jou byvoorbeeld R5,16 gekos het, wat beteken ‘n belegging van R100 000 sou $19 380 gekos het. Vandag kos een Australiese dollar R11,38, wat beteken jou R100 000 is vandag net $8 787 werd. Jou belegging het gevolglik byna die helfte van die internasionale koopkrag verloor wat dit 10 jaar gelede gehad het. As jy jou geld in 2006 in Australië belê het, kon jou belegging vandag $31 666 werd gewees het (teen ʼn gemiddelde Australiese rentekoers van 4,91; belasting en inflasie uitgesluit); dit is R358 571. (Let egter daarop dat die rentekoers in Australië in Januarie 1990 ‘n historiese hoogtepunt van 17,50% bereik het en in Mei 2016 ‘n rekordlaagtepunt van 1,75%; die bruto beleggingswaarde is dus bloot ‘n benaderde waarde.)

Die feit bly staan dat, selfs al het die rentekoers in Australië gedaal, die waarde van die rand teenoor buitelandse geldeenhede die afgelope dekade aansienlik verswak het en dit is ‘n tendens wat waarskynlik nie in die lang termyn sal verander nie.

As dit in ooreenstemming is met jou beskouing van beleggings, kan jy dus voordeel trek uit die waardeverminderingstendens en moontlik mettertyd beduidende opbrengste op jou beleggings ontvang as gevolg van die verswakkende rand.

Die waarde van onderwys
As jy in die buiteland woon of oorweeg om jou kinders in die buiteland te laat studeer, maak buitelandse beleggings sin. Dit is meer bekostigbaar en makliker om vir onderrig te betaal in die geldeenheid van die land waar jou kinders studeer. Daarbenewens sal studies aan internasionaal geakkrediteerde instellings vir jou kinders meer deure oopmaak.

Aftreespaargeldvoordele
Sommige lande bied aan Suid-Afrikaners die geleentheid om die waarde van hul aftreespaargeld te verhoog met pensioenaansporingskemas. Die Verenigde Koninkryk bied byvoorbeeld ʼn pensioenaansporingsprogram wat immigrante beloon as hulle hul aftreespaargeld in ʼn plaaslike pensioenskema herbelê.

Alhoewel die SAID jou aanvanklik sal verplig om belasting te betaal op die geld wat jy onttrek, kan jy ʼn aansienlike pensioenaansporing ontvang sodra jou pensioen in pond omgeskakel en herbelê is. Party ekspats het al bonusse van tot 25% op die aanvanklike waarde van hul aftreespaargeld gekry. Sodra jou geld herbelê is, kan die sterkte van die Britse geldeenheid jou boonop meer rente op jou belegging laat verdien. Afhangende van die jurisdiksie het ons ook al daarin geslaag om van die belasting wat in Suid-Afrika betaal is, terug te kry.

Belastingvoordele as jy na Suid-Afrika terugkeer
As jy in die buiteland woon en werk, verdien jy waarskynlik jou geld in ‘n buitelandse geldeenheid. As jy in ‘n stadium besluit om terug te keer na Suid-Afrika, kan jy voordeel trek uit verskeie belastinggeleenthede. Jy sal byvoorbeeld jou internasionale pensioen belastingvry in Suid-Afrika kan ontvang, aangesien Suid-Afrika se valutabeheer-regulasies nie meer op jou van toepassing is nie.

Befondsing van jou nuwe lewe in die buiteland
As jy reeds die skuif gemaak het, is jou kontant dalk skraps en is herbelegging van jou fondse in die buiteland nie ‘n opsie nie. Daar is egter steeds opsies beskikbaar. Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan hul pensioen of uittree-annuïteite in kontant omskep en die opbrengs na die buiteland oordra. Hierdie fondse kan dan gebruik word om bokoste te betaal, eiendom te koop, as addisionele inkomste tot jou leefstyl of waarvoor jy dit ook al nodig het.

Verskillende regulasies geld wanneer jy jou aftree-spaargeld in kontant omskep; dit word meestal bepaal deur die soort fonds wat jy wil omskep. Maar ongeag watter fonds jy na die buiteland wil oordra, is die proses heeltemal wettig en ʼn welkome uitkoms vir baie Saffas wat in die buiteland woon.

Laat Cashkows.com jou help met jou internasionale finansiële beplanning

Dis nie altyd maklik om te besluit of jy moet bly of gaan nie – niemand anders kan die besluit vir jou neem nie. ‘n Internasionale finansiële portefeulje is egter iets waaroor baie Suid-Afrikaners al meer “wanneer” as “of” vra. Die verspreiding van jou rykdom tussen lande hou die voordele in van laer risiko en hoër groei as gevolg van diversifikasie.

As ‘n verskaffer van finansiële dienste wat spesialiseer in buitelandse finansies, beskik cashkows.com oor die nodige akkreditasie, affiliasie en ondervinding om te verseker dat jy die grootste opbrengs op jou beleggings ontvang en voordeel trek uit pensioen- en belastingaansporings.

Laat jou geldsake in die bekwame hande van ‘n spesialis Suid-Afrikaanse ekspat-verskaffer met ʼn 100% sukseskoers – ons het al meer as 13 000 Suid-Afrikaners soos jy met hulle finansiële migrasie gehelp.

As jy belangstel, laat net jou besonderhede en ons sal jou kontak vir ‘n gratis konsultasie sonder enige verpligtinge.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels