Een en twintig van jou gunstelingherinneringe van Suid-Afrika

10/01/2025
| Deur Sue-Ann de Wet
Een en twintig van jou gunstelingherinneringe van Suid-Afrika


Herinneringe is die innerlike foto’s wat jy bewaar, koester en vertroetel. Dit is die skatte wat ons diep in ons siele wegsluit om ons harte warm te hou wanneer die verlange te veel raak.


Ons het onlangs vir ons vriende in die buiteland gevra watter herinneringe hulle die meeste koester van Suid-Afrika. Hier is die top-21-herinneringe.

  1. Die reuk van rooigrond net voor dit begin reën
  2. Ons mense se humor
  3. Bosveld-sonsondergang
  4. Regte-egte tannie se koeksisters
  5. Meerkatte wat alles en almal dophou
  6. Toe melk op die stoep afgelaai was
  7. Toe ek nog ’n graad 1-beesagterkwart vir R75,00 kon koop
  8. As jong dogtertjie op my perd op pad na my maatjie drie plase van ons af
  9. ’n Jakkals wat tjank
  10. Afrikaans – geen ander taal het so ’n lekker woord soos “sommer” nie
  11. Fonteine in Pretoria, lekker piekniek en treintjie ry
  12. Kerkklokke op ’n Sondag
  13. Suid-Afrika se winkeltrollies want Australië se trollies is ’n riller om te gebruik
  14. Kuier by my Ouma met pap, kaiings en eiers
  15. Hoëveld-donderstorms
  16. Hadidas op ’n Saterdagoggend
  17. Sondae se stilte
  18. Koer van duiwe wat jou wakker maak in die oggend
  19. My vriende en familie
  20. Wafel en melkskommel by Milky Lane, dan ook fliek en ysskaats by Sterland, daarna lekker geëet in Sunnypark by House of Coffees
  21. Moerkoffie met kondensmelk uit ’n blikbeker saam met beskuit, langs ’n vuurtjie wat vroegoggend uit die as wakker gekrap word
Foto: Julia M. Cameron/ Pexels

Dit is natuurlik om soms oorweldig te voel deur verlange na jou mense en geboorteland. Hier is ’n paar praktiese wenke vir daardie dae wat die verlange net te veel raak:

1. Keer terug na jou wortels: Behou jou wortels deur jou geboorteland se tradisies en gewoontes in jou daaglikse roetine te implementeer. Steek so nou en dan ’n braaivleisvuurtjie aan of vat ’n slukkie van die rooibostee wat jou ma saamgestuur het. Vier ook herdenkingsdae soos Erfenisdag, Moedertaaldag en Geloftedag om jou hart opnuut met jou geboorteland saam te snoer.

2. Trooskos is geure wat jou huis toe neem: Trooskos is nie net kos nie, dit is ’n emosionele verbinding met herinneringe, ’n tuiste en kultuur. Maak of eet ’n tradisionele dis soos melktert, bobotie, biltong, vetkoek of ’n braaibroodjie. Dit is ’n tasbare manier om verlange na die bekende en geliefde te verlig.

3. Omring jouself met Afrikaanse klanke: Stel ’n speellys saam van Afrikaanse musiek of luister na ’n podsending en radio-uitsendings in jou moedertaal. Musiek het die mag om jou binne sekondes terug te neem na spesiale oomblikke.

Foto: Freepik

4. Hou gereeld kontak met jou mense: Tegnologie maak dit maklik om met jou familie en vriende kontak te behou, hulle stemme en gesigte tuis te hoor en te sien. WhatsApp, Zoom en Skype is jou beste vriende wanneer die verlange te erg word.

5. Soek ander Suid-Afrikaners naby jou: Sluit aan by plaaslike Suid-Afrikaanse gemeenskappe of groepe. Die saamwees met mense wat dieselfde verlange ervaar, gee ’n gevoel van behoort en ondersteuning.

6. Beplan iets spesiaals: Of dit nou ’n besoek aan Suid-Afrika is, ’n tradisionele Suid-Afrikaanse aandete by jou huis, of selfs ’n kuier saam met Suid-Afrikaanse vriende, die vooruitsig van iets om na uit te sien, kan jou gemoed aansienlik lig.

AfriForum Wêreldwyd is jou tuiskomplek in die buiteland. Ons netwerk verbind jou met mede-Suid-Afrikaners regoor die wêreld en bied ondersteuning om jou kulturele identiteit te versterk. Ons Wêreldgids verbind jou met Suid-Afrikaanse diensverskaffers in jou omgewing, ons gereelde nuusbriewe hou jou op hoogte van die jongste gebeure, en ons internasionale gemeenskapsinisiatiewe bou brûe tussen Afrikaners wêreldwyd.

Deel gerus jou eie wenke en herinneringe met ons. Stuur vir ons ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en vertel ons van jou gunstelingherinnering van Suid-Afrika.

Foto: Robin Stuart/ Unsplash

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels