Ekspats – maak seker van julle ingesetebelastingbetalerstatus

13/06/2019
| Deur Amanda Visser
adventure-blur-close-up-346885

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en werk, moet baie seker maak van hulle huidige belastingstatus, gesien die komende verandering van belasting op besoldiging in die buiteland.

Die wysigings van die Inkomstebelastingwet rakende belasting op buitelandse inkomste tree in Maart volgende jaar in werking. Enige inkomste uit diens bo die gestelde drempel van R1 miljoen sal dan vir Suid-Afrikaanse ingesete belastingbetalers (Engels: tax residents) aan belasting onderhewig word.

Hugo van Zyl, lid van die persoonlikebelastingwerkgroep van die Suid-Afrikaanse Instituut van Belastingberoepslui, sê mense wat in die buiteland werk, moet seker maak dat hulle geskiedenis van belastingvoldoening in orde is.

Hoewel buitelandse inkomste in die verlede van belasting vrygestel was, moes dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verklaar word. As jy ’n nie-inwoner vir belastingdoeleindes is, val hierdie verpligting weg, en al wat die belastingbetaler moet doen, is om elke jaar seker te maak dat hy ’n ingesete belastingbetaler in ’n verdragland bly.

Baie mense is dalk nie-inwoners vir belastingdoeleindes as gevolg van verligting ingevolge die verskillende Dubbelbelastingooreenkomste (DBO’s) wat Suid-Afrika met ander lande het.

Die SAID sê hoewel Suid-Afrika inwoners op hulle wêreldwye inkomste belas (SA het ’n inwonergebaseerde belastingstelsel), sal belastingbetalers wat nie-inwoners is, belas word net op inkomste wat in Suid-Afrika aan hulle toeval.

Dit sluit in inkomste uit huurgeld en rente op kapitaal wat in die land belê is.

Iemand is normaalweg in SA woonagtig as hy of sy beoog om na ’n tyd terug te keer – hulle beskou hierdie land as hulle “werklike tuiste”.

Persone wat aan die toets van fisiese teenwoordigheid voldoen (sekere tydperke wat die persoon in SA deurbring), sal ook as ingesete belastingbetalers beskou word.

Slegs as die individu nie normaalweg ’n inwoner is nie en ook nie aan die toets van 330 opeenvolgende dae fisiese afwesigheid uit SA voldoen nie, sal hy as ’n nie-inwoner vir belastingdoeleindes beskou word en sal sy buitelandse inkomste nie aan Suid-Afrikaanse belasting onderhewig wees nie.

Van Zyl sê belastingemigrasie is die maklikste, kostedoeltreffendste manier en bied die grootste mate van belastingsekerheid “waarvoor jy kan hoop”.

Hy sê daar is baie “geraas” oor finansiële emigrasie om die belasting op buitelandse inkomste te verlig. Hy merk egter op dat finansiële emigrasie ’n keuse is, terwyl belastingemigrasie ’n feit is.

Finansiële emigrasie is wel raadsaam vir werklike emigrante wat nie beoog om na SA terug te keer nie. Mense wat noodgedwonge na SA terugkeer of mense wat aan die einde van hulle werkpermitverblyf waarskynlik na SA sal terugkeer, moet twee keer dink voordat hulle ’n belastingkundige toelaat om die Suid-Afrikaanse Reserwebank te oortuig dat hulle as valutabeheeremigrante kwalifiseer.

“Daar is egter wel stappe wat jy kan doen om seker te maak dat belastingmigrasie plaasvind. As jy in ’n verdragland (’n land met ’n DBO met SA) werk, moet jy seker maak dat jou gesins- en vakansiehuise in SA permanent verhuur word. Die valbyltoets sal dan in die guns van die nuwe land wees en sal die SAID die reg ontsê om van jou buitelandse inkomste te weet of dit te belas.”

Die belastingwetgewing in SA is baie duidelik: as jy ’n ingesete belastingbetaler in ’n verdragland is en die verdragreëls die gasheerland bevoordeel, word jy as ’n nie-inwoner vir belastingdoeleindes beskou.

Die belastingbetaler sal ’n vertrekbelasting betaal (kapitaalwins), maar sy buitelandse inkomste bo R1 miljoen sal nie meer belas word nie.

Van Zyl sê as byvoorbeeld die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ’n ingesetebelastingbetalersertifikaat aan ’n persoon uitreik en die persoon nie toegang tot ’n huis in SA het nie (sy eie huis is verkoop of word verhuur), sal hy waarskynlik net in die VAE ’n ingesete belastingbetaler wees.

“Dit is dus ’n geval van belastingemigrasie uit SA, nie omdat jy dit verkies het nie, maar omdat jy ingevolge die DBO se valbylreëls gelees met die bepalings van die Inkomstebelastingwet geag word uitsluitlik ’n ingesete belastingbetaler van die VAE te wees, al is jy normaalweg in SA woonagtig.”

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels