Die Emmerlys: ’n Storie van lockdown-liefde, ’n Jimny en ’n ongelooflike droom

10/02/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Emmerlys3-1-scaled

Wêreldwyd het onlangs op Instagram afgekom op “Die Emmerlys”, ’n paartjie wat hul hele lewe in ’n Jimny gepak het en die hele Suid-Afrika vol toer. Ons het bietjie vir Jaco en Clarice Visser gevra om ons meer te vertel oor hulle opwindende avontuur en hoe presies dit werk. Hier is hul brief aan ons:

Hallo, Wêreldwyd-vriende

Ons is Jaco & Clarice Visser en ons het besluit om ons lewens op te pak, ons goed te stoor en die pad te vat met Die Emmerlys in ons Jimny … Klink opwindend, né?

Lockdown-liefde

Ek is ’n stadsmeisie van Pretoria en Jaco uit die hartjie van Hartswater in die Noord-Kaap. Hoe kom twee lewens van heinde en verre bymekaar? Wel, ek het my gang gegaan en ’n gemeenskaplike vriend het vir Jaco van my vertel (al in 2016). Salig onbewus het hy my toe in 2019 genooi as vriendin op Facebook. Ek het so bietjie gaan loer en gesien ons vriende stem hier en daar ooreen … so hy kan maar my Facebook-wêreld binnekom … Min het ek geweet dat dit gaan uitspeel op my lewe se mooiste avontuur!

Ek en Jaco het mekaar in Februarie 2020 vinnig ontmoet by ’n Bethel-konferensie nadat Jaco vir my kaartjies gegee het. Dit was letterlik vyf minute se onbeplande hallo sê nadat ons mekaar tussen 3 500 mense raakgeloop het sonder om dit af te spreek! Ek het daardie tyd nie veel gedink nie, want ek het toe nou al ná kort gesprekkies oor Facebook geweet hy boer in Amerika en en hy is daardie Maart weer op pad … (Elke detail van ons liefdestorie is op my Instagram so as julle die details wil weet, gaan loer gerus daar: @claricevisser.) Jaco is toe terug Amerika toe en ons land is middel Maart in inperking geplaas, soos die res van die wêreld.

Ons leer ken mekaar toe vir agt maande slegs oor Facetime en WhatsApp en einde November is Jaco terug uit Amerika. Hy trek toe sommer die volgende dag in ’n woonstel net so 600 m om die blok van myne af in Pretoria in en ons weet, hier kom iets moois. In Februarie 2021 is ons verloof en op 17 April stap my pa my die gang af in Hartenbos waar Jesus my en Jaco aan mekaar vasmaak.

Ons is ná ons wittebrood terug Pretoria toe waar Jaco saam met my in my klein eenslaapkamerwoonstel ingetrek het. Dit voel of die mure ons vasdruk en ons wonder waarheen volgende … ons begin toe soek en die mooiste plekkie maak vir ons oop in Hartenbos. Ons teken ’n huurkontrak tot einde November 2021, met baie onsekerheid oor die volgende stap. Begin November ontvang ons die nuwe huurkontrak en ons wonder of ons moet hernu vir 2022 … Dis ’n gebedsaak, want ons wil regtig wees waar ons lewens ’n impak en verskil gaan maak!

Een middag in November gaan stap ek en Jaco op Hartenbos se treinspoor strand se kant toe. Ek onthou die son wat deur die grasse langs die spoor dans en ons gesels oor wat ons volgende stap moet wees … Elke keer as ons ’n Jimny sien, sê Jaco: “Imagine ons kry ’n Jimny en toer net.” Tydens die gesprek loop ons verby Dibiki Kampterrein en ek verbeel my ons kamp en gaan sit by ’n ou oom wat dalk seer het, en gee hom net ’n bietjie liefde. Ons begin droom oor iets groter!

So, hoe gebeur dit toe?

Ek en Jaco werk albei vir onsself, van die huis af. Jaco het ’n agentskap genaamd Eaglehour Farmwork, wat die proses vergemaklik vir ouens met goeie ervaring om in Amerika te gaan boer. Ek het ook ’n besigheid met Young Living essensiële olies, Clarice en die Reenboogkidz (kindergospelmusiek – ’n musikant met ’n passie vir worship).

Ons het besin oor ons werksbenodighede en die enigste vereistes was basies goeie internet, ons fone, en rekenaars. Ons het die somme gemaak en gekyk wat ons maandelikse uitgawes op die pad gaan wees, teenoor om voltyds te huur. Ons het gesien ’n onbeplande, beplande avontuur voordat die kleinspan kom is in orde. Vriende van ons se pa het onlangs by die see kom kuier en hy het sy hele lewe lank gespaar om sy “bucketlist” te verwesenlik. Toe word hy gediagnoseer met demensie en hy is tans in ’n rolstoel. Dis so hartseer en dít, saam met ’n paar ander situasies, het ons toe aangespoor om DIE EMMERLYS aan te pak … jip, dit is ons Afrikaanse woord vir “bucketlist”.

Hoe het julle die bal toe aan die rol gesit?

Wel, ons moes laat weet dat ons huurkontrak einde November eindig en ons moes alles aanskaf vir hierdie nuwe seisoen. In geloof verkoop ons toe my kar en ons koop ’n klein tweedeur Jimny 4×4, want ons wil plekke sien waar ander nie gaan nie en ons wil dit deel met die wêreld! Ons huisinhoud is einde November gestoor en die avontuur het begin.

Ons het 10 Januarie in die pad geval met ons Jimny en kampgoed en ek skryf vanaand, op 31 Januarie uit ons “vars-uit-die-sak-tent” wat ons vandag vir die eerste keer opgeslaan het ná soveel mense ons geseën het met verblyf tot hier!

Ons weet ons het net nóú en ons vertrou dat ons storie en avontuur werklik HOOP en LEWE in mense sal wakkermaak en dat elkeen van julle ons liefde vir Suid-Afrika deur ons stories sal geniet, en dat julle saam met ons sal reis! Ons droom oor soveel goed en ons emmerlys is LANK, maar ons wil die Wêreldwyd-vriende uitdaag om weer te droom oor die goed wat op julle “bucketlist” is – daardie drome wat afgestof moet word … Kom kuier en toer saam met ons deur ons wonderlike land. Ons gaan saam lag, ons gaan saam huil, ons gaan saam droom, ons gaan “real” raak en ons gaan weer begin LEWE!

Ons droom om binnekort af te skop met “Die Goue Emmerlys” waar ons die ouer generasie se hande wil vat op emmerlysavonture wat hulle nog altyd wou vervul, en om dan ook plekke te gaan besoek wat julle graag uit die buiteland wil sien waarheen ons julle virtueel kan vat. Julle is welkom om ons te kontak vir meer inligting oor hoe so iets sal werk.

Ons sien uit om julle hande, voete, harte en oë in Suid-Afrika te wees!

Hier is op julle – hier is op ons almal se emmerlysdrome wat waar word!

Sien julle op ons sosialemediaplatforms.

Al ons Emmerlysliefde

Jaco en Clarice Visser

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels