Groot pryse te wen in FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo

05/07/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Internasionale-Afrikaans-Ekspo-2022-scaled

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Internasionale Afrikaans-Ekspo het al hope inskrywings, maar daar is nog steeds tyd om jou projek in te skryf.

Groot pryse kan gewen word! Die skool met die meeste inskrywings staan die kans om R10 000 te wen. Algehele wenners van gr. R tot 3, asook van gr. 4 tot 7 wen R1 000. Diegene van gr. 8 tot 9 en 10 tot 12 sal R1 500 wen as hulle die tema die beste beskryf, geteken, geskilder, die beste foto geneem of die beste voordrag gelewer het. In die ope afdeling kan deelnemers R2000 wen.

Daar is slegs 29 dae oor voor die sluitingsdatum wat die 29ste Julie is.

Met ’n lekker tema soos “skepe” kan die verbeelding vrye teuels gegee word en kreatiwiteit behoorlik ingespan word om dié tema ten toon te stel.

Dit sluit enige iets in wat verwant is aan skepe, soos die anker, seile en selfs die kraaines kan as inspirasie dien. Loer ook gerus na verwante woorde soos skeepvaart, handelsvloot, skeepvaartbedryf, seehandel, seevervoer en bote.

Verskeie kategorieë is beskikbaar vir die jong Afrikaanse skilder, digter, akteur, sanger, fotograaf of skrywer om sy of haar talente te laat vaar en vir die wêreld te wys, want in dié jaar se kompetisie word die publiek se hulp ingeroep om te help besluit wie die wenners is!

Hierdie kompetisie is vir enige iemand in die wêreld vanaf graad R tot en met die ouderdom van 25 wat ’n liefde vir Afrikaans koester.

Kaptein, span die seile, want hiérdie kompetisie gaan een vir die boeke wees!

Waarvoor wag jy? Skryf sommer vandag in! Besoek gerus https://projekte.co.za/ vir meer inligting.

Alle inskrywings, behalwe die kunswerke, moet aanlyn ingeskryf word. Kunswerke moet per hand by die FAK-kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria ingedien word. 

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels