Hoe om jou Suid-Afrikaanse burgerskap in stand te hou

19/03/2015
| Deur AfriForum Wêreldwyd
hoe-om-jou-suid-afrikaanse-burgerskap-in-stand-te-hou

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland verloor onwetend hulle Suid-Afrikaanse burgerskap wanneer hulle in die buiteland om ’n ander burgerskap aansoek doen, sonder om eers by die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake toestemming om behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap te kry. Die burgerskap kan eers weer heringestel word wanneer hulle kan bewys dat hulle permanent terug in Suid-Afrika is. Min mense is hiervan bewus.

‘n Verdere vereiste wat geld, is dat ʼn burger van Suid-Afrika wat meerdere burgerskappe het, altyd moet sorg dat sy / haar Suid-Afrikaanse paspoort geldig bly, en wanneer na Suid-Afrika gereis word, moet die Suid-Afrikaanse paspoort sonder uitsondering gebruik word om Suid-Afrika binne te kom en die land weer te verlaat.

Navrae oor burgerskapkwessies kan ingedien word op Wêreldwyd se webtuiste www.wereldwyd.co.za

Deel op

Nuutste artikels