Hoe verwerk jy die verlies van ’n geliefde as jy nie by was nie?

20/01/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
noah-silliman-EBB45rCSjrU-unsplash-1

In die middel van die inperkingstyd (vlak 4) kry ek ’n oproep van ’n vrou uit Portugal. Sy is in trane. Haar pa is ná ’n kort siekbed oorlede. Die ergste is dat sy nie by haar pa kon wees toe hy gesterf het nie. Dit was op daardie stadium onmoontlik om ’n vlug na Suid-Afrika te kry.

Tussen haar trane deur beskryf sy die vreemde gevoel van alleenheid, leegheid en hartseer wat sy met sy afsterwe ervaar. Hoe sy hom mis en elke Sondagaand tevergeefs hoop dat hy haar sal bel en sy net weer een keer sy stem sal hoor.

Vir die eerste keer twyfel sy of hulle besluit om Portugal toe te gaan, die regte een was. As hulle in Suid-Afrika gebly het, kon sy by haar pa se begrafnis gewees het. Sy sou daar gewees het vir hom. Nou sit sy met ’n skuldgevoel dat sy hom in die steek gelaat het.

Alles voel vir haar so onwerklik en in haar wildste drome kon sy nie voorsien dat haar aardse verhouding met haar pa só tot ’n einde sou kom nie. Party dae ervaar sy ’n swaarmoedigheid en wil dan net in die bed bly.

Hierdie en soortgelyke belewenisse ervaar talle familie en vriende wat nie by die dood van ’n geliefde kon wees nie: hetsy omdat hulle oorsee woon en afstande ’n probleem is of omdat COVID-19-maatreëls hulle bewegings beperk.

Maar dit moet ons nie daarvan weerhou om die verlies van ’n geliefde sinvol te verwerk nie.

Elke kultuurgroep neem op sy eie manier afskeid van geliefdes. Dit help met die verwerking van die verlies wat ons ervaar en ontlading van die spanning en trauma wat die dood bring.

Ons bespreek kortliks twee tradisionele gebruike wat klaarblyklik belangrik is om te volg en mense ontstel as hulle dit nie doen nie:

(1) ’n Bekende gebruik waaraan groot waarde geheg word, is om die naasbestaandes te roep sodat hulle die sterwende se laaste oomblikke saam met hom of haar kan deurbring. Wanneer ons by die sterfbed van ’n geliefde staan, kry ons ’n laaste geleentheid om versoening, waardering en liefde te betuig, mededelings te maak en te groet.

(2) Die ander gebruik of ritueel is die begrafnis. By die begrafnisdiens word die lewe en gedagtenis van die geliefde in herinnering geroep. Vir daardie uur staan ons stil by die pyn wat ons ervaar, maar ook by die mooi en waardigheid van ons geliefde en vind ons troos in God, die Alfa en Omega (die begin en einde) van die lewe en die hiernamaals. Die saamwees met familie en vriende versterk die bande van verbondenheid aan mekaar.

Hoe kan ek van my geliefde afskeid neem en sonder om skuldig te voel hulde bring aan die spesiale persoon wat hy of sy in my lewe was as ek nie by die sterfbed of begrafnis was nie?

1. Sê totsiens aan jou geliefde. Dit is ’n persoonlike gesprek met jou geliefde in die vorm van ’n brief waarin jy jou waardering, versoening, vergifnis en liefde, al jou persoonlike mededelings, neerpen. Groet jou geliefde en vertel vir hom of haar alles wat jy sou gesê het as jy daar was.

Party mense neem die skilderkwas op, ander span die digkuns en musiek in om totsiens te sê. Dit is ’n emosionele ontlading wat die genesingsproses aan die gang sit.

2. Rig gedenktekens op vir jou geliefde. Dit is aktiwiteite wat ons aan ons geliefde herinner en wat ons op sekere geleenthede herhaal. Steek byvoorbeeld vir die geliefde ’n kers aan op sy of haar verjaarsdag, of maak ’n plakboek van al jou mooi herinneringe saam met hom of haar. Dit ondersteun die proses om te genees van die pyn en verlies.

3. Vertel jou storie van verlies, pyn, skuldgevoelens, verwyte en oorwinning deur God se genade aan jou vriende en mense wat vir jou omgee.

4. Wees geduldig en sag met jouself. Genesing is ’n proses. Daar sal tye kom wanneer jy voel dat die verlange en verlies te veel is en dat jy hulp nodig het. Gaan spreek dan ’n berader, maatskaplike werker, sielkundige of jou dominee om jou te help op die pad van genesing.

Hennie Human en Johan Kloppers
AfriForum-traumaberaders

Vir enige navrae oor die AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid of as iemand van die eenheid gebruik wil maak, kontak die eenheid deur 012 880 1954 of die noodnommer 064 870 8312 te skakel of deur ’n e-pos te stuur na trauma@afriforum.co.za.

Deel op

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels