Na watter Suid-Afrikaanse produk verlang jy die meeste? Ons Wêreldgids is net die plek om in jou nuwe land te begin soek na al jou ou gunstelinge – selfs in Estland. Ondersteun Suid-Afrikaanse besighede in jou omgewing.
Brooklyn Biltong
Biltong is Suid-Afrika se weergawe van beef jerky. Die grootste verskil tussen biltong en jerky lê in die manier waarop dit gemaak word. In plaas daarvan om die vleis te dehidreer, soos met die maak van jerky, word biltong opgehang en gelugdroog. Hierdie proses hou die biltong sag en sappig.
Braaitime
Braaitime is ’n familiebesigheid. Ons het verlang na die gerusstellende bekendheid van biltong waarmee ons in Suid-Afrika grootgeword het, toe maak ons ons eie 100% oorspronklike biltong.
Traveler’s Friend
Traveler’s Friend se hoofdoelstelling is om vir ons kliënte verskillende smake en geure van regoor die wêreld te bied. Ons gebruik ’n tradisionele Suid-Afrikaanse resep en net die beste Estlandse beesvleis om biltong te maak.
Galito’s – UAE
Galito’s is die gesondste, lekkerste vlamgeroosterde hoender in die wêreld. Ons tradisionele marinade word van natuurlike produkte gemaak en met uitgesoekte kruie en speserye gegeur. Die hoender word minstens 24 uur lank daarin gemarineer voordat dit oor die vlamme gerooster en op bestelling bedien word.
Oolfant.com
Maak nie saak waar in die wêreld jy jou bevind nie, danksy oolfant.com kan jou kinders nou Afrikaans leer.
- Leer stap vir stap om skitterend te skryf.
Binne drie maande leer jou kinders ’n maklike skryfmodel wat hulle vir die res van hul lewens met selfvertroue sal kan gebruik. Meer as 40 videolesse, 7 werkboeke, nuttige aftiklysies.
Klik en vind meer uit oor die volledige aanlyn skryfkursus: SKRYF!
- Leer Afrikaanse taalleer op ’n prettige manier.
Gaan op ’n avontuur saam met ’n onnutsige kleremakertjie en leer Afrikaanse woordsoorte ken. ’n Bietjie werk elke dag lewer reuseresultate.
Klik en vind meer uit oor 15-Minuut-Afrikaans
- Gratis minikursus.
As jy eers die produkte wil uittoets, is daar ’n gratis minikursus: Woorde met woema. Meer as 700 kinders het al hiervoor ingeskryf en is mal daaroor!
Klik en vind uit hoe jy kan inskryf vir Woorde met woema
Onthou om jou besigheid gratis op ons Wêreldgids te lys deur hierdie skakel te volg
Deel op
Nuutste artikels