Is jou Suid-Afrikaanse paspoort inderdaad ’n “groen mamba”?

06/01/2025
| Deur Alana Bailey
Is jou Suid-Afrikaanse paspoort inderdaad ’n “groen mamba”?

Wanneer jy reis of tydelik in die buiteland woon, werk of studeer, is jou paspoort ’n kosbare dokument wat uiters versigtig bewaar moet word. ’n Paspoort wat verloor of gesteel word, is enige reisiger se ergste nagmerrie.

Soms tref ’n mens ongelukkig emigrante aan wat sê dat hulle “so moeg vir Suid-Afrika is, dat hulle sommer hulle paspoorte na die migrasieproses afgehandel is, gaan verbrand”. Al wat ons hieroor kan sê, is dat dit dom sal wees.

Suid-Afrika is steeds een van die min lande ter wêreld wat meervoudige burgerskappe toelaat. Ten spyte van die onlangse hofsaak waar die uitspraak bevestig het dat ’n mens nie onwetend en onbedoeld jou Suid-Afrikaanse burgerskap mag verloor nie, is dit steeds veiliger om aansoek oor behoud van die burgerskap te doen voordat jy om burgerskap van enige ander land aansoek doen.

Selfs nadat die burgerskap en paspoort van ’n ander land bekom is, is dit ook nog steeds noodsaaklik om te sorg dat die Suid-Afrikaanse paspoort geldig bly en dat dit altyd gebruik word om Suid-Afrika binne te kom en te verlaat.

Elders in die wêreld kan jy self besluit watter paspoort om te gebruik. Omdat daar vele lande is waar visumverpligtinge vir Suid-Afrikaners geld, is dit soms geriefliker om met ’n ander paspoort te reis. Hierdie verpligtinge word ook gedurig aangepas, daarom is dit die veiligste om voor enige oorgrens reis seker te maak wat die bestemmingsland se visumvereistes is. So was dit byvoorbeeld jare lank vir toeriste met Suid-Afrikaanse paspoorte moontlik om Ierland sonder ’n visum te besoek, maar van 2024 af moet daar ook om een aansoek gedoen word.

Reisigers wat goedkoop vlugte kies, moet ook seker maak of hulle ’n transitovisum sal benodig indien hulle deur ’n ander land na die bestemmingsland reis. Dit geld byvoorbeeld vir vlugte van Suid-Afrika na Europa indien jy ’n aansluitingsvlug in Brittanje haal.

The Henley Passport Index bied jaarliks ’n vergelykende lys van die paspoorte van 199 lande met 227 bestemmings aan. Die indeks bepaal hoe “vriendelik” die onderskeie paspoorte is, met ander woorde vir hoeveel lande visumverpligtinge geld wanneer jy met die bepaalde paspoort sou reis.

In 2024 het Suid-Afrika die 48ste plek op die lys behaal. Die peiling word reeds agttien jaar lank onderneem, met ander woorde sedert 2006. Toe het Suid-Afrika ’n veel meer gunstige 37ste plek behaal. Sedertdien het dit ook al tot die 35ste posisie gestyg (2008 en 2009) en tot die 58ste plek gedaal (2021). Inligting word maandeliks in samewerking met die Internasionale Lugvervoer Owerheid (IATA) opgedateer.  Gewone paspoorte word vir die meting gebruik en nie nood- of diplomatieke paspoorte nie. Daar word ook net op toerisme- of besigheidsreise met kort verblyftye gefokus.

Die 48ste plek uit 199 lande is nie te sleg nie en bewys dat daar ander lande van herkoms is wat veel minder gewilde paspoorte het as die Suid-Afrikaanse “groen mamba” (soos daar spottenderwyse na ons paspoort verwys word).

’n Fout met ’n paspoort- of visumaansoek kan jou letterlik en figuurlik duur te staan kom. Deeglike beplanning, versigtigheid en eerlikheid bly die sleutelwoorde vir sukses.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels