Kan Afrikaans in die buiteland floreer?

02/04/2024
| Deur Sue-Ann de Wet
getty-images-UR_MPmn88d8-unsplash-002-scaled

Lees hier waarom jy jou moedertaal moet behou en oor die voordele van tweetaligheid.

Vir talle ekspats is die kwessie van twee- of meertaligheid ’n groot bron van kommer. Dit kan ook ’n groot uitdaging wees om klein of skoolgaande kinders in ’n omgewing met ’n nuwe spreektaal te help aanpas. Met die regte ingesteldheid en so ’n paar feite aan jou kant is dit egter beslis ’n moontlikheid.

Hoe hou ’n mens jou moedertaal in die buiteland aan die lewe? Hoewel mens jou wortels na ’n tuiste buite die grense van Suid-Afrika verskuif, maar jy hoef nie noodwendig jou moedertaal vaarwel toe te roep nie. Te midde van ’n nuwe omgewing, nuwe uitdagings en die kultuurskok wat daarmee gepaard gaan, mag jou moedertaal dalk juis ’n anker in die nuwe onbekende wees.

Voordele van twee- of meertaligheid

1. Kognitiewe voordele

Studies dui daarop dat twee- of meertalige sprekers se breine anders ontwikkel as mense wat hul lewe lank net een taal hoor, lees en praat. Alle tale word in die brein geaktiveer, en ’n meertalige persoon kan dus in enige een van die tale kommunikeer. Hoewel dit soms daartoe kan lei dat meertaliges soms sukkel om woorde of frases te onthou, voer hulle intense beheermeganismes uit wat neurologiese bane na sekere strukture van die brein versterk.

As gevolg van die strukturele ontwikkeling van ’n meertalige brein, is dié mense ook meer geneig om eers later simptome van verouderingstoetstande soos Alzheimer’s te ontwikkel.

Navorsing dui ook daarop dat tweetaliges meer geneig is om akademies in hul moedertaal te presteer as hul eentalige eweknieë. Kinders wat van jongs af aan meer as een taal blootgestel word, bou ’n groter woordeskat wat hulle lewenslank kan gebruik en koester.

Bron: Changes in neurological processing and structure

2. Kultuur

Sue-Ann de Wet, hoof van Diaspora by AfriForum, sê een van AfriForum Wêreldwyd se hoofdoelwitte is om Afrikaans lewendig te hou by ons mense in die buiteland. “Kultuur en taal is iets wat mense oor landsgrense heen saambind. Dit is ’n gedeelde stel waardes wat sê: “Dit is wie ek is!” Hoewel jy buite die grense van jou tuisland woon, kan jou moedertaal nooit van jou weggeneem word nie. Dit bly deel van wie jy is en waar jy vandaan kom.

3. ’n Band met die tuisland

Deur Afrikaans as spreektaal in jou huis te behou, hou jy steeds ’n kanaal na die tuisbodem oop. Dit bou en versterk ook bande met jou mense wat in Suid-Afrika agterbly, soos ouers, grootouers, familie en vriende.

De Wet sê in hierdie verband: “Ons moedig ons mense in die buiteland aan om hul moedertaal te behou. Dit kan help om hul kulturele identiteit en familiebande te versterk – veral met ouma en oupa in Suid-Afrika. Navorsing toon dat ouers wat hul eerste taal by die huis lewendig hou, kinders leer om trots op hul kultuur en wortels te wees. Hulle kan dan steeds ook volwaardig met hul moedertaalgemeenskap kommunikeer. Dit is gesond vir hul selfbeeld en maak van hulle meer aanpasbare mense omdat hulle nie in net een taal of kultuur kan funksioneer nie.”

4. Gemeenskap

Afrikaans kan jou kanaal wees om ’n nuwe netwerk met ander Suid-Afrikaners te bou. AfriForum Wêreldwyd streef daarna om dié tuiskomplek vir ons mense in die buiteland te wees, en het daarom verskillende aktiwiteite en medewerkers wat Afrikaans in die buiteland bevorder. Só is AfriForum Wêreldwyd enig in sy soort met sy Wêreldgids wat onder meer netwerkgeleenthede bied. Baie van ons lede besit ook buitelandse ondernemings wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer. Op dié wyse word Afrikaans bevorder.

Raadpleeg ons Wêreldgids vir ondernemings wat jóú taal praat.

5. Beroepsmoontlikhede

Kommunikasie in die werksplek is ’n noodsaaklikheid. Daarom kan tweetaligheid juis voordelig wees vir kandidate wat vir werk aansoek doen. Vir maatskappye met internasionale kantore, byvoorbeeld, is tweetaligheid ’n moet!

Deur Afrikaans as moedertaal in stand te hou, mag dit dalk in die toekoms vir jou en jou nageslag méér beroepsmoontlikhede bied. Deur nie brûe met Suid-Afrika te verbrand nie, sorg dit dat julle altyd ’n mededingende kans op ’n suksesvolle beroep in Suid-Afrika of ’n Afrikaanse gemeenskap kan hê.

Hoe kan ek my kinders leer om Afrikaans te praat ten spyte van ’n ander onderrigtaal?

Hier is ’n paar praktiese wenke om Afrikaans as moedertaal te bevorder:

1. Lees, luister en kyk in Afrikaans

Hou die vermaaklikheid lekker! Afrikaans is lekker – hoekom nou in ’n ander taal wil ontspan? Lees Afrikaanse boeke, luister Afrikaanse musiek en kyk Afrikaanse TV-programme.

Nuus

Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dít wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees.

Kykgenot

AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Gratis Afrikaanse inhoud van al jou gunstelinge en vir die hele familie.

Want mens moet weet!

Weet is ’n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders: lekker kitsfeite in Afrikaans. Weet is ’n inisiatief van Maroela Media.

2. Afrikaans as onderrigmedium

Wolkskool

Wolkskool is ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum. Dit is gestig om akademiese prestasie in Afrikaans enige tyd en op enige plek te help verbeter. As aanlyn leerplatform van wêreldgehalte bied dit meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in agt laerskool- en sestien hoërskoolvakke in Afrikaans aan. Leerders kan die lesse in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot skoolonderrig deurkyk. Die aanbod brei deurentyd uit en die nuutste tegnologie word aangewend om dit so gebruikersvriendelik moontlik vir kinders en ouers te maak. Besoek Wolkskool se webtuiste vir meer inligting.  

Daar is ook talle ander Afrikaanse tuisskoolplatforms wat jou kan help om ’n kwalifikasie vir jou kind in Afrikaans te verseker.

MOS se aanlyn tuisskool

Die MOS-inisiatief is ’n privaat maatskappy wat deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys gestig is. MOS staan vir Moedertaal in Onafhanklike Skole. Die doel daarvan is om ’n Afrikaanse skolenetwerk te skep wat uitnemende onderrig in Afrikaans verseker en bevorder. MOS het ook ’n aanlyn tuisskool genaamd MOS Wêreldwyd. Dit fokus daarop om bekostigbare Afrikaanse onderrig te bied wat kinders op ’n toekoms in die moderne wêreld voorberei, kritiese denke stimuleer en kreatiewe probleemoplossing bevorder. Lees meer by https://www.moswereldwyd.co.za/.

3. Gemeenskap

Moenie jou Afrikaanse gemeenskap onderskat nie! Gereelde video-oproepe na jou Suid-Afrikaanse familie kan reeds wondere verrig. Maak ook vriende met ander Afrikaanssprekendes in jou omgewing om sodoende te sorg dat jou braai nie ook hoef te verengels nie.

Dit is vir ons duidelik dat Afrikaans selfs in die buiteland kan floreer, danksy die mens se tweetaligheidsvermoë. Bevorder dus jou kognitiewe ontwikkeling, knap jou sosiale vaardighede op en ervaar die wêreld op ’n unieke wyse deur jou moedertaal in die buiteland lewendig te hou.

Foto: Getty Images/ Unsplash


Lees ook: Afrikaans en tweetaligheid oor die grense heen

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels