Kan jy in die algemene verkiesing van 2019 stem indien jy in die buiteland woon?

10/05/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-header-vote-AFR-2018

Daar is ’n bekende gesegde van George Nathan wat soos volg lui: “Swak staatsamptenare word verkies deur goeie burgers wat nie stem nie.” In Suid-Afrika kan jy steeds ’n verskil maak deur jou stem te laat hoor – selfs al woon jy in die buiteland. Tydens die nasionale verkiesing in 2014 het slegs sowat 18 100 mense hul merkies in die buiteland gemaak. Daarteenoor word 50 000 stemme benodig om ’n enkele parlementslid te verkies. Hoe gaan jy te werk om jóú stem te laat tel?

Wat het jy nodig om te kwalifiseer?

Om te kan stem terwyl jy in die buiteland woon moet jy:

  • By die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer wees;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument;
  • In besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort; en
  • ’n VEC 10-aansoekvorm by die OVK indien.

Talle Suid-Afrikaners in die buiteland wat wel geregistreerde kiesers is, het egter die kans om hulle stem in die vorige nasionale verkiesing te laat hoor, misgeloop. Die rede daarvoor is omdat min daarvan bewus was dat hulle die OVK van hul voorneme om te stem in kennis moes stel. Dit is waarvoor die VEC 10-vorm daar is. Hierdie vorm moet binne 15 dae van die aankondiging van die verkiesingsdatum ingestuur word en sal by www.elections.org.za beskikbaar wees.

Die volgende nasionale verkiesing moet voor 4 Augustus 2019 gehou word, maar kan so vroeg as aan die begin van 2019 plaasvind. Sodra pres. Cyril Ramaphosa die datum aankondig, sal VEC 10-dokumente by www.elections.org.za beskikbaar wees. Sodra jy jou VEC 10-dokument ingestuur het, kan jy hiér die uitslag van jou aansoek dophou: http://www.elections.org.za/content/For-Voters/VEC-10-application-status/ of jou ID-nommer na 32249 SMS.

Hoe weet jy of jy geregistreer is?

Indien jy in die buiteland woon, maar vir die vorige verkiesing geregistreer was, behoort jy steeds geregistreer te wees. As jy onseker is, volg hierdie skakel om te sien of jy geregistreer is om te stem: https://www.elections.org.za/content/For-voters/My-voter-registration-details/.

Indien jy nie geregistreer is nie, kan jy bloot aansoek doen om te stem by jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal. Loer hier na ’n lys van ambassades en konsulate waar jy ’n afspraak kan maak: www.dfa.gov.za. Neem jou identiteitsdokument, paspoort en aansoekvorm saam na jou afspraak toe.

Aansoek vir ’n spesiale stemgeleentheid

Hoe moet jy egter maak indien jy steeds in Suid-Afrika woon, maar slegs tydens die verkiesingsdatum in die buiteland is? Jy het die opsie om in die land waar jy dan is te stem, wat gewoonlik so ’n week voor die verkiesingsdag in Suid-Afrika is, of jy kan aansoek doen vir ’n “spesiale stem”. Jy kan vir ’n spesiale stemgeleentheid by jou plaaslike OVK-kantoor aansoek doen wat jou dan sal toelaat om ’n dag of twee voor die nasionale verkiesingsdatum te stem.

Maak seker van jou burgerskap

Wanneer jy emigreer kan jy vir dubbele burgerskap aansoek doen indien jy sou verkies om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou. Dit is belangrik om te onthou dat jy by ’n ambassade moet gaan aandui dat jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap wil behou voordat jou nuwe burgerskap geregistreer word. Indien jy nooit amptelik geëmigreer het nie, maar bloot buite Suid-Afrika woon, kan jou burgerskap ná drie jaar gekanselleer word. Dit is egter moontlik om weer vir jou burgerskap aansoek te doen indien dit gekanselleer is. Slegs Suid-Afrikaners wat amptelik nog burgers van Suid-Afrika is, sal kan registreer om te stem.

Waar stem jy?

Op die aangewysde verkiesingsdag sal jy met jou ID en paspoort (albei dokumente is nodig en moet steeds geldig wees) by jou naaste ambassade, hoëkommissaris of konsulaat-generaal kan stem. Die OVK het beloof om meer stempunte beskikbaar te stel in plekke soos Sydney en Perth, aangesien sommige kiesers voorheen honderde kilometers moes ry om by ’n stempunt uit te kom.

Bly op hoogte

Maak seker jy weet wanneer die verkiesingsdatum aangekondig word deur die OVK op sosiale media te volg:
www.twitter.com/iecsouthafrica
www.facebook.com/iecsouthafrica

Laai die OVK se toepassing af om:

  • Jou adres te verander;
  • Registrasiebesonderhede na te gaan;
  • Aansoek te doen vir ’n “spesiale stem”; en
  • Jou naaste stembus op te spoor.

Die OVK-toepassing kan hier afgelaai word:
https://play.google.com/store/apps/details?id=za.org.elections.iecapp&hl=en_US.

Uitslag van vorige verkiesing

Die ANC se posisie het sedert 2004 van 69,69% van stemme tot 62,15% gedaal, terwyl die opposisie sterk begin toeneem het, veral met die EFF wat in 2014 in sy eerste verkiesing 6,35% van stemme gewerf het. Maak seker om vir die algemene verkiesing van 2019 te registreer sodat jou merkie getel word.

Aantal stemme Persentasie stemme Parlementsetels
ANC 11,436,921 62,15% 249
DA 4,091,584 22,23% 89
EFF 1,169,259 6,35% 25
IVP 441,854 2,4% 10
NFP 288,742 1,57% 6
UDM 184,636 1% 4
VF PLUS 165,715 0,9% 4
COPE 123,235 0,67% 3
ACDP 104,039 0,57% 3
ANDER 396,612 2,16% 4

Tabel: Uitslag van Suid-Afrika se nasionale verkiesing van 2014.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels