Kersfees in Australië

08/12/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
jeannie2

Terwyl die begin van Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan die kinders en kleinkinders of die broers en susters wat aan die ander kant van die wêreld die viering op hulle eie voortsit. Ons het die week met Jeannie van Zyl gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in Australië vier.

  1. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse? 

Aangesien dit somer is wanneer dit Kersfees is, hou mense daarvan om ligter kos te eet. Baie mense hou daarvan om seekos te braai (“barbie”), byvoorbeeld garnale of vars vis van die plaaslike vismark.

Die meeste gemeenskappe/ buurte hou ook iewers in Desember Kersfeespieknieks in die buitelug, met Kersliedjies (“carols by candlelight”), wat ook as fondsinsameling dien.

  1. Is daar mooi Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land?

Daar is beslis strate waar die inwoners elke jaar net beter en indrukwekkender kersliggies opsit! Party mense versier hulle tuine en stoepe met besonderse uitstallings – bo en behalwe die liggies. Daar is beeldjies en geboutjies, modeldiere en ander figuurtjies om verskeie Kerstonele uit te beeld.

  1. Hou jy by die ou tradisionele eetgoed en vierings of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Ons maak graag beurte en nooi graag vriende vir ’n bring-en-deel-Kersete. So afhangende van wie elke jaar kom, eet ons kosse van verskillende lande. Verlede jaar het ons mense met diverse agtergronde (Australië, Suid-Afrika, Engeland en Sri Lanka) by ons huis gehad vir Kersdag, en dit wat ’n heerlike mengsel van slaaie, brode, braaivleis en bygeregte.

Ons het ’n vriendin wat ook jaarliks vir ons vir Oukersaand ’n roete opstel, dan ry en stap ’n paar gesinne saam van huis tot huis om na die liggies te kyk, en kuier so langs die pad.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels