Kerstyd in Kanada

14/12/2016
| Deur Sue-Ann de Wet
kerstyd-kanada

Kersfees is familietyd en die Kanadese doen regtig baie moeite met Kersversierings en Kersetes.

Soos meeste lande is Kersliggieversierings aan die orde van die dag. Almal vereenselwig Kersfees met sneeu, maar ongelukkig is ons nie elke jaar so gelukkig nie. Ons woon in die mees suidelike gebied van Kanada en temperature is ’n paar grade warmer as in ander dele van die land.

Dit is ons dogter en skoonseun se eerste besoek aan die land en ons beplan om ’n feesmaal vir Kersfees voor te berei. Roomsop, “turducken” met groente, ’n heerlike gebakte poeding en ’n bottel KWV Roodeberg.

Kanadese bedien gewoonlik kalkoen of ham as voorgereg; ons praat hier van kalkoene wat onmenslik groot is. Die plaaslike inwoners hou groot familiesaamtrekke en soms is drie groot kalkoene nét genoeg. Kapokaartappels is ’n absolute móét by hul Kersetes, asook natuurlik pampoenpastei.

Susan Jacobs

 

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels