Koffie en sjokolade trifle.

18/07/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
RN8A9309-768x512-1

Bestandele:

  • 200 ml room
  • 15ml strooisuiker
  • 4 eiers
  • 45 ml strooisuiker
  • 500g mascarpone kaas
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 100ml sterk koffie.
  • 125 g vingerkoekies
  • Koffielikeur
  • Sjokolade

Metode:

  • Klits die room styf saam met 15 ml strooisuiker.
  • Klits die eiergele en voeg 45 ml strooisuiker stelselmatig by.
  • Klits tot lig en romerig.
  • Voeg die mascarponekaas bietjie vir bietjie by terwyl die menger loop.
  • Voeg die karamel kondensmelk en sterk koffie by.
  • Week 125 g vingerkoekies in koffielikeur.
  • Sit dit onder in in 4 glase.
  • Skep die sagte kaasmengsel op die koekies
  • Laat stol vir ten minste 2 ure in die yskas.
  • Besprinkel met gerasperde sjokolade vir opdiening

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels