Kollig Nuusbrief: 1 Desember 2021

01/12/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
wereldwyd-3

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Behou jou wortels in die buiteland

Soos die DNS in ons liggame, is erfenis ons geestelike DNS. Dit bevat inligting oor wie ons is, waar ons vandaan kom en waarom ons sekere maniere van doen, tradisies en waardes het. Erfenis gee kontinuïteit en standvastigheid in ’n wêreld wat vinnig verander ‒ ook wanneer ons tydelik of permanent emigreer. Dit herinner ons dat ons in ’n bepaalde familie en gemeenskap tuishoort, wat ook al ons huidige adres mag wees.

Hoe vier jy en jou geliefdes Kersfees?

Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak. Kersfees is om die draai en ons wil soos die vorige jare by jou hoor hoe dit gevier word in die land waar jy jouself bevind. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse (stuur asseblief daardie resepte!), of is jy in ’n land waar daar min Christene is en waar jy self moet planne maak om die dag te vier?

Die bruin kolle: godsdiens, maniere en werksetiek

Emigrasie uit Suid-Afrika het drasties toegeneem. Die gras aan die ander kant van die draad het egter ook ’n paar bruin kolle. Amanda Visser het met drie jong paartjies gesels wat na Nieu-Seeland en die VSA geëmigreer het, om uit te vind watter probleme hulle daar ondervind.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels