Kom huis toe

DIE KOM HUIS TOE-VELDTOG VIR TERUGKERENDE SUID-AFRIKANERS

Dié veldtog is in 2003 geloods om mense by te staan wat Suid-Afrika verlaat het, maar weer wil of moet terugkeer. Gratis advies is onder meer beskikbaar oor burgerskapaangeleenthede, immigrasiedokumentasie, die invoer van goedere en troeteldiere, die evaluering van buitelandse kwalifikasies, finansiële sake, bestuurderslisensies en werkverskaffing.

Ons verkies om persoonlike advies te voorsien, aangesien elke persoon se omstandighede uniek is en inligting wat op een persoon van toepassing is, nie noodwendig vir ’n ander sal geld nie. Alle vrae is welkom!

Die Kom huis toe-veldtog kan ongelukkig geen finansiële bystand aan terugkerende migrante bied nie. Migrasie is ’n persoonlike keuse waarvoor elkeen self verantwoordelikheid moet aanvaar. Maak dus seker dat die keuse om Suid-Afrika te verlaat of hierheen terug te keer ’n ingeligte besluit is wat op betroubare inligting berus. AfriForum sal ook deurlopend advies in dié verband gee.

Kontak die Kom huis toe-adviesburo hiér:

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Volg ons op

Nuutste artikels