Kommer oor nuwe visum vir buitelandse afstandwerkers bestaan steeds

03/06/2024
| Deur Amanda Visser
pexels-yankrukov-4458421-scaled

Deur Amanda Visser

Geringe veranderinge is aangebring aan die tweede wysiging van die Immigrasieregulasies wat voorsiening maak vir ’n nuwe drie jaar digitale nomadevisum. Alhoewel die visum geprys word as ’n aansienlike hupstoot vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, het belasting- en indiensnemingspesialiste steeds bedenkinge oor risiko’s vir buitelandse werkgewers.

In wese sal die digitale nomadevisum afstandwerkers toelaat om werk vir ’n buitelandse werkgewer in Suid-Afrika te doen, of vir afstandwerkers wat buitelandse inkomste op ’n afstandsbasis verkry. Hierdie veranderinge het verlede week (20 Mei) in werking getree.

Die buitelander moet ’n bruto inkomste van ten minste R1 miljoen per jaar verdien. Indien die visum uitgereik is vir ’n tydperk van nie langer as ses maande in ’n tydperk van 36 maande moet die afstandwerker aansoek doen om vrystelling by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) om vir belasting te registreer.

Indien die visum egter vir ’n tydperk van langer as ses maande in die tydperk van 36 maande uitgereik word, moet die afstandwerker by die SAID registreer.

Die veranderinge

Bowmans se indiensmenings- en belastingspesialiste, Chloë Loubser, Sian Gaffney en Aneria Bouwer, beklemtoon in ’n onlangse artikel sommige van die veranderinge aan die bepalings in die “tweede weergawe” van die tweede wysigings.

Voorheen was die nomadevisum slegs beskikbaar vir werk wat in Suid-Afrika vir ’n buitelandse werkgewer op ’n afstandsbasis gedoen is. Die gewysigde regulasies verwys egter nou “ietwat lomp” na werk wat vir ’n buitelandse werkgewer gedoen word of vir werkers wat ’n buitelandse bron van inkomste op ’n afstandsbasis verkry.

Loubser sê met die insluiting van die woord “of” kan beoog word om die toepassing van die digitale nomadevisum uit te brei na buitelandse entrepreneurs of individuele konsultante wat vir hulself werk, op ’n afstand.

“Hulle sal nie vir ’n buitelandse werkgewer werk nie, maar sal vermoedelik betaling ontvang van buitelandse kliënte. Die gebruik van die term buitelandse bron van inkomste sal beslis verwarring veroorsaak,” waarsku sy.  

Nog ’n verandering is die tydperk van 36 maande. Voorheen is die buitelandse werknemer vrygestel indien die visum uitgereik is vir ’n tydperk van minder as ses maande in ’n tydperk van 12 maande.

Die tydperk van 36 maande stem ooreen met die maksimum duur van die visum. Hierdie vrystelling sal nie outomaties wees nie, en die werknemer moet aansoek doen vir die vrystelling om as ’n belastingbetaler by die SAID te registreer.

Loubser sê ’n bygevoegde bepaling van die tweede wysiging hou verband met voldoening aan wetgewing wat indiensneming van werkers in Suid-Afrika beheer – indien van toepassing. “Dit is nie heeltemal duidelik uit die bewoording of dit die buitelandse werknemer, of die buitelandse werkgewer is wat vereis word om aan hierdie wetgewing te voldoen nie en watter indiensnemingswetgewing hier oorweeg word nie.”

Sy sê die oogmerk is dalk om te verseker dat die indiensnemingsbepalings en -voorwaardes vir buitelandse werknemers in ooreenstemming is met dié van die Wet op Basies Diensvoorwaardes terwyl hulle in Suid-Afrika werk.

Die risiko’s

Soos sake nou staan, loop buitelandse werkgewers steeds die risiko dat ’n afstandwerker ’n permanente saak vir die buitelandse werkgewer kan skep. Dit kan ’n verpligting veroorsaak om as belastingbetaler en as ’n werkgewer by die SAID te registreer.

“Sonder die verwydering van hierdie belastingrisiko’s, sal die digitale nomadevisum nie die ekonomiese hupstoot bring wat ons land so broodnodig het nie,” waarsku die Bowman-kenners.

Vanuit ’n indiensnemingsperspektief is dit belangrik vir buitelandse werkgewers wat hul werknemers toelaat om afstandwerk vanaf Suid-Afrika te doen om versigtig te wees vir moontlike dienswetlike implikasies.

Die aktiwiteite

Die aktiwiteite wat in die tweede wysiging ingesluit is:

  • onderrig by ’n internasionale skool;
  • werk gedoen met betrekking tot film- en advertensieproduksie;
  • buitelandse joernaliste wat na Suid-Afrika gesekondeer is;
  • kunstenaars wat wil skilder, skryf of beeldhou;
  • besoekende professors, lektore of navorsers;
  • vermaaklikheidskunstenaars;
  • toerleiers; en
  • godsdienstige leiers van erkende organisasies of denominasies.

Foto: Yankrukov/ Pexels

Deel op

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels