Konferensie oor verval van die strafregstelsel: ’n Alternatief tot die sinkende skip van geregtigheid

18/10/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
From-left-to-right-Dr-Llewelyn-Curlewis-prof.-Koos-Malan-adv.-Gerrie-Nel-and-Jacques-Broodryk

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag ’n konferensie oor die verval van die strafregstelsel by die AfriForum Teater gehou. Adv. Gerrie Nel, prof. Koos Malan en dr. Llewelyn Curlewis was sprekers by die konferensie. Adv. Nel het konkrete voorbeelde uitgelig wat dui op die verval van die strafregstelsel, asook wat die eenheid doen om dit reg te stel, dr. Curlewis het die verval van die gevangenisstrafstelsel, asook die kwynende onafhanklikheid van die regbank bespreek en prof. Malan het oplossings vanuit ’n konstitusionele oogpunt bespreek.

Adv. Nel het die afleiding gemaak dat die skip van geregtigheid soos wat dit tans bestaan, nie te redde is nie. “AfriForum het egter ’n unieke en opwindende vermoë geskep om privaat te vervolg. Ons gebruik die vaardighede in ons kantoor om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die SAPD te dwing om hul plig te doen en het sodoende al wonderlike suksesse in verskeie sake gehad. Daarom wil ons oplossings bied oor hoe om die versonke skip van geregtigheid te red deur die reg te ontwikkel om mense toe te laat om in die toekoms in alle sake die keuse te hê om privaat te vervolg.”

Adv. Nel het sake bespreek waarmee hy te doen gehad het by die NVG wat steeds sloer, soos Shaun Abrahams se onttrekking van die strafsaak teen Ngcobo Jiba, asook sake wat die privaatvervolgingseenheid daagliks hanteer. Adv. Nel het verskeie voorbeelde van die eenheid se skrywes aan die NVG en die SAPD en hul niksseggende antwoorde daarop uitgelig. Hy het daarop gewys dat die hoof van die NVG, adv. Shamila Batohi, wel vir Ace Magashule vervolg, maar versuim om ander politieke figure soos Fikile Mbalula (teen wie AfriForum strafregtelike klagtes van korrupsie gelê het) en EFF-leier Julius Malema (op die On Point-saak) te vervolg. “Dit is slegs twee van die polities-gedrewe besluite wat die NVG met betrekking tot vervolging geneem het. Dit dui daarop dat die NVG óf na hul meesters se deuntjie dans, óf nie die vermoë of kapasiteit het om sake van korrupsie te vervolg nie.

Adv. Nel het ook ’n saak aangekondig waarby die eenheid sedert 2019 betrokke is omdat die NVG versuim om as gevolg van klaarblyklike politieke redes vervolging in te stel. André Fourie is valslik daarvan beskuldig dat hy ’n rassistiese uitlating gemaak het. Hy het sy werk verloor as gevolg hiervan en ’n strafregtelike klag teen die persoon wat die aantyging gemaak het gelê. Die NVG het aangedui dat dit nie in die belang van geregtigheid is om ’n nolle prosequi-sertifikaat in hierdie geval uit te reik nie. “Die NVG het egter nie die diskresie om te weier om só sertifikaat uit te reik nie. Volgens die Strafproseswet is hulle verplig om dit te doen. Die privaatvervolgingseenheid moet egter gereeld die howe nader met mandamus-aansoeke bloot om die NVG te kry om hulle werk te doen. In hierdie saak, soos in alle ander sake waarin ons aansoek doen om ’n nolle prosequi-sertifikaat, het die SAPD ook aanvanklik aangedui dat die dossier weg is. My afleiding in hierdie saak is dat hul weiering om te vervolg irrasioneel en polities-gemotiveerd is. Die NVG besef ook dat hulle met eier op hul gesig sal sit as ons suksesvol privaat vervolg. Ons is tans in die proses om hofdokumente te liasseer om, weereens, die NVG te dwing om hul plig te doen.”

Volgens dr. Curlewis is die Suid-Afrikaanse regstelsel ongelukkig nie meer die toonbeeld van die oppergesag van die reg waarna ons eens gestreef het nie en dit is die plig van die burgery om dit reg te stel. “As burgers word ons blootgestel aan diepgewortelde teenstand teen ondoeltreffende optrede deur die regering teen die kanker op vooruitgang, bekend as korrupsie. Die kombinasie van ’n swak regstelsel en korrupsie veroorsaak nie net ekonomiese agteruitgang nie, maar is ’n doodslag vir die politieke gesondheid van beide ons nuwe, volwasse demokrasie en dalk self ons eeue-oue regstelsel. ’n Betroubare regstelsel en sterk gemeenskap is twee sye van dieselfde munt. Die gewete van die publiek moet in opstand kom teen wetgewing en korrupte politici, dit moet met bespotting en intense publieke vyandigheid bejeën word. Diegene wat verantwoordelik is, moet duur betaal by die volgende verkiesing. Verder het goed na my mening uitmekaar geval in die strafhowe. Strafverhore het ’n klug geword wat bitter min te doen het met die bepaling van die waarheid en toediening van geregtigheid, maar eerder ’n politieke speletjie is. Dit bring duidelik die hele regstelsel in oneer.”

Prof. Koos Malan het oplossings gebied vir die huidige probleme wat ons in die gesig staar met verwysing na die strafregstelsel wat in duie gestort het. “Dit is ’n feit dat die polisie onderbeman is, nie behoorlik opgelei word nie, en nie toegewyd genoeg is om hul plig om misdaad te beveg na te kom nie. Hulle worstel met hoë vlakke van korrupsie in hul hoogste range, boonop is die administrasie in ’n baie swak toestand en het hulle ’n tekort aan leierskap in hulle topstrukture. Met die mislukkende staat in gedagte, is die polisie eenvoudig afwesig – kyk na die konstruksiemafia, die mafia in die mynbedryf en die onlangse plundering in KwaZulu-Natal. In baie gevalle was die polisie bloot omstanders en toeskouers. Suid-Afrika het per kapita die vierde grootste privaatsekuriteitsindustrie in die wêreld as gevolg van die afwesigheid van die polisie. Doeltreffende vervolgings het verval en is die gelukkige uitsondering. Die vraag wat ons moet vra is of dinge ten goede gaan verander. Tensy daar aktiewe en vindingryke ingryping is, gaan dinge nie verander nie. Die polisie, weermag en die NVG het hul vaardighede tot só mate verloor dat dit nie herstel kan word nie. Om dus na die Staat te kyk vir ’n oplossing, is om in die verkeerde rigting te kyk – geen hulp gaan vandaar af kom nie. Die bestaansreg van die Staat word gemeet aan die vraag of dit veiligheid en sekuriteit aan sy burgers kan verskaf. Hoe minder die Staat dit kan doen, hoe meer verval dit as ’n legitieme Staat, hoe meer verbeur dit sy aanspraak op burgerlike gehoorsaamheid en hoe meer word die belasting wat dit hef ’n vorm van afpersing van die burgery.”

Prof. Malan het ook gesê dat wat ons ag as die Grondwet, vanuit ’n praktiese oogpunt, reeds verval het. “Wat sou die verantwoordelike reaksie van die burgery tot hierdie stand van sake wees? Eerstens moet ons verstaan dat dit ’n uiters gevaarlike situasie is, want dit is een waarin ’n toestand van ongebreidelde oortreding van die wet kan ontstaan. Wanneer die wette van die Staat wankel, kan ’n nuwe reg, ’n verstekreg, egter in die plek daarvan ontstaan. Dit is ’n reg in terme waarvan gemeenskappe deur middel van ooreenstemming hul eie reg skep en afdwing. Die basis van hierdie reg is beheerde grense wat gekombineer word met die onderdrukking van onbeperkte vryheid van beweging. Gemeenskappe moet grense stel en polisieer om te verseker dat misdadigers nie vrylik daarin kan rondbeweeg nie. Gevalle van só verstekreg is egter reeds met ons, kyk net na buurtwagte en toegangsbeheerde gemeenskappe.”

Kyk na die konferensie hier:

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels