Kortlys van LAPA se jeugromankompetisie bekend

29/01/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
da-kraplak-d34DtRp1bqo-unsplash-scaled

LAPA Uitgewers bied elke tweede jaar ʼn jeugromankompetisie aan. Hierdie gewilde kompetisie trek met elke rondte groot name, waaronder Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vyver (Al wat ek weet), Jan Vermeulen (Oopmond en Asem), Nanette van Rooyen (Die 17de veer en Ek was hier) en Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink). Nuwe stemme, soos Zelda Bezuidenhout (As mens geluk kon proe), word ook gereeld in hierdie kompetisie ontdek.

Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000 en selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Die kompetisie van 2019 het op 31 Oktober 2019 gesluit en daarna het die anonieme beoordelingsproses begin. LAPA Uitgewers kan nou met trots die finaliste aankondig. Uit ’n totaal van nege-en-sestig inskrywings, is daar ’n kortlys van manuskripte gekies.

Hier is hulle, in alfabetiese volgorde, volgens die skrywer se van:

  • Nerine Ahlers met Dis magic!
  • Nerine Ahlers & Alet Steenkamp met Die meisie met die rooi rok
  • Francois Bloemhof met Hier is ek
  • A. Breed met Gesnyde Liefde
  • Tertius Janse van Rensburg met Ek sou kon doen met ’n miljoen (of drie)
  • Maretha Maartens met Bethel se berg
  • Theresa van Baalen met Magic in die lug
  • Jacolet van den Berg met Hannah se vlerke
  • Jan Vermeulen met Baster
  • Fanie Viljoen met Offers vir die vlieë

LAPA Uitgewers wil graag elkeen van hierdie skrywers van harte gelukwens met hierdie besondere prestasie. Die wenners van die jeugromankompetisie word aan die einde van Februarie tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria aangekondig.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels