LAPA het alle e-boeke wat verhandel op ons webruimte afgemerk met 30%. Dit beteken e-lees is nog meer bekostigbaar as ooit te vore.
Dié konsessie is onmiddellik in effek en sal van krag bly tot 30 April 2020.
Besoek https://lapa.co.za/eboeke om die goeie pryse te aanskou.
LAPA weet egter baie mense verkies steeds die reuk van papier en al is ons hoe opgewonde oor ons e-boeke, vra ons ook: Bestel nou al jou gunstelingskrywer by jou plaaslike boekwinkel. Wag vir daardie opwindende oomblik wanneer jy dit kan optel ná totale inperking verslap word, of laat hulle dit by jou huis aflewer wanneer daardie beperkings gelig word.
Koop ’n geskenkbewys by jou plaaslike boekwinkel. Hulle het jou hulp nou nodig. Gee dit vir iemand wat lief is vir lees. Koop een vir jouself en gaan bederf jouself daarmee wanneer inperking verslap word.
LAPA verskaf baie trots bekostigbare e-boeke, maar ons is nog meer passievol oor Suid-Afrika se boekhandelaars. Hulle het nou ons almal se hulp nodig