Hou die kinders besig gedurende die skoolvakansie!
Briewe van Mieliepit
Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. LEES MEER.
Roet
Rufus en Xandr #disingewikkeld. Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos. LEES MEER.
Lukas bou ’n superkar
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! LEES MEER.
’n Hart is net atome
’n Hart is net atome is ’n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho is ’n Chinees-Afrikaanse meisie met ’n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. LEES MEER.
LAPA Uitgewers
Onthou om jou bestelling vir gedrukte boeke te plaas voor 17 Desember 2021.
LAPA Uitgewers sal gesluit wees tydens die feesseisoen.
Bestellings wat tussen 18 Desember en 3 Januarie geplaas word,
sal eers vanaf 4 Januarie 2022 versend word. E-boeke is altyd beskikbaar.