As jy in ’n land bly waar jy nie toegang het tot Suid-Afrikaanse produkte nie, slaan jou eie nagereg aanmekaar!
Bestandele
- 1 blik karamel kondensmelk
- 250ml dik room (styf geklop)
- 1 pakkie Tennis beskuitjies
- 2 blokke pepperment sjokolade van jou keuse (fyn gedruk)
Volg dan die volgende stappe:
- Klop room styf
- Voeg karamel by en meng goed deur
- Plaas ‘n laag tennis beskuitjies, met die roommengsel en dan die fyngedrukte pepperment sjokolade in ‘n bak van sowat 30cm x 20cm.
- Eindig met die sjokolade krummels bo-oor.
- Sit in die yskas (verkieslik oornag).