Meer as 10 000 protesgangers laat dit hoor – Bela is ons rooi lyn!

05/11/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Meer as 10 000 protesgangers laat dit hoor – Bela is ons rooi lyn!

Bela is ’n rooi lyn wat nié oortree mag word nie.

Dít was die eenvoudige, maar duidelike boodskap wat ’n skare van meer as 10 000 mense vandag tydens die Bela-protesoptog aan elke party en politikus betrokke by Suid-Afrika se regering van nasionale eenheid (RNE) oorgedra het. Die protesoptog is gelei deur die Solidariteit Beweging, Solidariteit, AfriForum, die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en organisasies wat ’n belang by Afrikaanse onderwys het in protes teen die huidige formaat van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette 32 van 2024 (die Bela-wet) se bepalings oor openbare skole se toelatings- en taalbeleide.

’n Memorandum met eise is aan die DA en VF+, as ondersteuners van die protesaksie, oorhandig waarna ’n vreedsame tog van nagenoeg 1,8 km op Reconciliationweg, vanaf die Voortrekkermonument tot by Freedom Park, aangepak is. Hier is die memorandum – wat deur meer as 40 organisasies onderteken is – aan Gayton McKenzie as verteenwoordiger van die Presidensie oorhandig.

John Steenhuisen (DA-leier) en Pieter Groenewald (VF+-leier) en die hoofde van die Solidariteit Bewegingsinstellings het die voorste linie van die prosessie gevorm.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, probeer hedendaagse kolonialiste soos Panyaza Lesufi, die premier van Gauteng, en Matome Chiloane, die LUR vir Onderwys in dié provinsie, om Afrikaanse skole soos die kolonialiste van ouds te verengels. “Hulle sal nie slaag nie. Afrikaans sal bly. Wat ons vandag hier doen is uit liefde. Dit is nie soos Lesufi en kie uit haat vir ander groepe nie. Dis uit liefde vir ons kinders. Dit is uit liefde vir ons skole. Dit is uit liefde vir ons taak, ons erfenis en die land,” verduidelik Buys.

“Bela is ons rooi lyn. Ons sê dit vir al die politieke partye in die RNE sodat hulle kan verstaan hoe sterk die gemeenskap voel. Meer as 10 000 mense het vandag gesê hulle sal nie toelaat dat hulle kinders se toekoms gevat word nie,” beklemtoon dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, bestempel die protesoptog as ’n “historiese dag” en die grootste optog van Afrikaanssprekendes sedert 1994. “Mense is kwaad en dit het hulle vandag hier kom wys. Hulle is kwaad, want ons kinders word geteiken deur ’n wet wat Afrikaanse skole aanval en eintlik ons kulturele voortbestaan bedreig.”

Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, hou vol dat vandag se protesaksie ’n duidelike boodskap aan die regering oordra. Hy veroordeel ook die regering se laksheid en apatie, en benadruk dat die regering nie net oor die afgelope 30 jaar nie ’n enkele Afrikaanse skool gebou het nie, maar ook geen erns maak met moedertaalonderrig nie en openlik haat teenoor Afrikaanse skole uitspreek. “Vandag gaan dit oor meer as net onsself of ons generasie,” verduidelik hy. “Dit gaan oor generasies wat nog moet kom.”

Tydens die ondertekening van die memorandum wat aan die Presidensie oorhandig is, het Steenhuisen benadruk dat die taal- en toelatingsbeleidklousule in die wet te veel mag gee aan die staat en te veel mag van ouers en gemeenskappe wegvat. “Ons Grondwet is duidelik. Elke persoon het die reg tot onderwys in die taal of tale van hul keuse. Hierdie regte wat in ons Grondwet is, kan nie meer net met ’n pen uitgevee word nie,” meen hy. “Ons kan nie hierdie mag aan ’n provinsiale beampte in ’n kantoor oorhandig wat ver van die skool en plaaslike gemeenskap sit nie.”  

Groenewald het op sy beurt uitgevaar teen die ANC se magsmisbruik met die aanvaarding van die wet in die parlement voor die nasionale verkiesing, “want hulle het geweet hulle gaan ná die verkiesing dalk nie meer die regering wees nie”. Hy het gepleit vir ’n verandering deur middel van die invloed in die RNE. “Elke tree wat julle hier gee vandag, is ’n tree van verandering.” Hy het afgesluit deur te verwys na die belang van moedertaal: “Ek is ’n Afrikaner en ek is trots daarop. Deel van my trotswees is my moedertaal. Daarom moet ons sorg dat ons trots nie vertrap word nie.”  

Die PA-leier, McKenzie, deur wie se toetrede toegang tot die perseel van Freedom Park ook verseker is, het die memorandum namens die Presidensie ontvang. Hy het president Cyril Ramaphosa bedank dat hy na die stem van die Afrikaanse gemeenskap geluister het deur die implementering van die twee artikels uit te stel. Hy het egter benadruk dat die geveg voortgesit sal word. “Ons sal baklei vir Afrikaans, want Afrikaans gaan nêrens heen nie.”

Die instellings van die Solidariteit Beweging het hulle vandag weer tot die voortgesette stryd teen die implementering van artikels 4 en 5 van Bela verbind. Vandag se sigbare demonstrasie is ’n kragtige gebaar, maar slegs één wyse waarop die instellings vir moedertaalonderrig, Afrikaans, onderwysers en kinders in die bresse tree.

Volgens Buys gaan die onderhandelinge met verteenwoordigers van die RNE nou met duidelike bewyse in die hand tegemoet gegaan word – bewyse van die duisende Suid-Afrikaners wat Bela as ’n rooi lyn beskou en nie gaan terugstaan en toekyk hoe Afrikaanse onderrig vir politieke gewin van kant gemaak word nie.

Deel op

Wat is tans die grootste uitdagings om in die buiteland te woon en/of te werk?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels