Migrasie met kinders – Topwenke vir verhuising met jou kind

31/05/2021
| Deur Hendrika Jooste en Robyn Vogels
Happy family moving house and carrying boxes

Deur Hendrika Jooste en Robyn Vogels

Ouers se grootste kommer is of hulle kinders gelukkig gaan wees; dit kan niemand ontken nie.

Die antwoord is eenvoudig: Kinders volg hul ouers se voorbeeld. As ouers gespanne is (dis moeilik om nie te wees nie!), sal die kinders angstig raak. Kinders bou dikwels van nature ‘n selfverdedigingsmuur om hulle en vermy enige bespreking van hul probleme. Kinders moet gehoor word; hulle moet hulle kommer uitspreek en ouers moet geduldig wees en goed luister.

Hoe hou jy al die balle gelyktydig in die lug terwyl jy reeds oorlaai is met die trekreëlings?

Ons het vir Robyn Vogels en Hendrika Jooste, skrywers van Your DIY move guide to Australia, gevra hoe ouers hul verhuising kan navigeer sodat die gesin ongeskonde aan die ander kant uitkom.

Topwenke vir verhuising met jou kind

1. Kies ‘n tyd om te praat

Daar is dikwels meningsverskille as die ouers ‘n internasionale opdrag of migrasie bespreek. Probeer om sulke gesprekke te voer wanneer die kinders in die bed is of nie by die huis nie. As die ouers argumenteer oor byvoorbeeld ‘n moontlike werksaanbod, kan die kinders bekommerd raak dat hierdie “immigrasie-idee” nie ‘n positiewe ervaring gaan wees nie. Die kinders verstaan nie noodwendig dat die gesprek handel oor ‘n werk wat dalk nooit eens gaan realiseer nie. Al wat hulle hoor, is dat hulle ouers hulle stemme verhef en bekommerd is, en dit laat hulle angstig voel.

2. Respekteer verskillende prioriteite

Te midde van die chaos van verhuising moet jy onthou die kinders se prioriteite, idees en gedagtes oor die skuif verskil van joune. ‘n Teddiebeer wat gaan bang raak in ‘n donker boks lyk vir ‘n besige ouer onbeduidend, maar maak tyd om ‘n oomblik stil te staan en die kind gerus te stel. Ouers kan die meeste van hulle kinders se probleme maklik oplos. Dit sal die talle klein probleempies wat in die kind se gedagtes ophoop uit die weg ruim. Onthou, dit is normale menslike gedrag om te veg of te vlug as ons bang is – vir kinders ook. As jy hul spanning verminder, raak die moontlikheid dat iemand gaan ineenstort wanneer jy dit die minste verwag kleiner. Die kinders sal ook openlik oor hul bekommernisse bly praat en julle sal minder misplaaste woede opbou wat tot ‘n uitbarsting kan lei.

3. Luister aktief

Ons as ouers hoor heeltyd ons moet goeie luisteraars wees, en des te meer tydens ‘n internasionale verhuising. As jy aktief luister, beteken dit jy sal betyds verstaan hoe die kind voel. Jy moet altyd luister, ongeag die kind se ouderdom. Ouers moet leer om te sê: “Ek weet nie, maar ek sal uitvind.” Dit is beter om tyd te maak om oor ‘n gepaste antwoord te dink – veral vir tieners – as om ‘n antwoord te gee wat die kind laat voel sy/haar vraag is nie vir jou belangrik nie.

4. Onthou die gesin se doelwitte, rituele en waardes

Verhuising sal jou gesinsbande tot die uiterste toets. Dit is daarom belangrik om elke gesinslid te betrek by die doelwitte met die verhuising. Hierdie doelwitte kan onderrig, leefstyl en selfs nuwe vakansiebestemmings insluit.

Gesinsrituele is deel van jou roetine, en ‘n roetine met grense laat kinders veilig voel. Dink hoe julle gaan kontak hou met familie en vriende tuis. Dalk eet julle nou Sondae saam met ouma en oupa middagete. Hoe kan dié gewoonte in Skype-sessies omskep word? En hoe kan tydsones dit beïnvloed?

Gesinswaardes is miskien nie iets wat hardop uitgespreek word nie, maar dink ‘n bietjie vooruit: As julle in die nuwe land is en skole moet kies, na watter waardes sal jy in ‘n skool soek? Dit moet ooreenstem met jou gesin se waardes. Skryf dit neer indien nodig, en sorg dat die hele gesin dit verstaan.

Julle waardes, gewoontes en doelwitte bind julle as gesin saam en stel vir die kinders grense. Tydens ‘n spanningsvolle verhuising kan dit jou gesin doelgerig hou en help oorleef.

5. Bestuur verwagtinge

Jy moenie net sorg dat die kinders nie vasgevang word in die spanning en angs van die verhuising nie; jy moet ook hul verwagtinge bestuur. Dit is noodsaaklik dat jy die feite en inligting eerlik met hulle deel. Verduidelik dat die pad nie altyd maklik gaan wees nie; daar is baie om te doen en jy sal hulle ondersteuning en begrip nodig hê.

Onthou, die eerste paar weke van huis soek kan baie lank voel; julle is vlugvoos, die kos is vreemd, en selfs die tandepasta kan verskil! Bespreek dit met die kinders sodat hulle weet hulle geduld sal getoets word terwyl belangrike besluite geneem moet word. So sorg jy dat dit nie ‘n nare verrassing is as almal moeg en knorrig raak nie. Dan kan jy as ouer in die gehuurde motor omdraai en sê: “Haai, onthou jy ek het gesê dit kan gebeur en ons sal almal geduldig moet wees? So kom ons raak rustig en doen wat gedoen moet word.”

Robyn verduidelik: “Kinders het nog nie die lewenservaring wat ons as volwassenes het nie; hulle beplan ook nie so ver vooruit as volwassenes nie. ‘n Kind dink gewoonlik nie die eerste skooldag gaan moeilik wees nie; net die ouers bekommer hulle daaroor. Die kind dink nie so ver vooruit nie! Leer by jou kinders en takel die verhuising een dag op ‘n slag.”

Oor die skrywers

Hendrika Jooste en Robyn Vogels is die skrywers van die Amazon-blitsverkoper Your DIY move guide to Australia. Hulle het ‘n uitgawe spesifiek vir Suid-Afrikaners sowel as ‘n internasionale uitgawe gepubliseer.

Die twee het hulle uiters verskillende ervarings as moeders, vroue en suksesvolle sakevroue gekombineer om ‘n omvattende hulpbron te verskaf aan mense wat trek, integreer en floreer.

Klik hier om meer uit te vind.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels