Is jou kind besig om te emigreer, en wonder jy hoe om dit te hanteer? Moontlik het jou kind reeds geëmigreer en beleef jy bepaalde uitdagings?
Emigrasieterapeut dr. Sulette Ferreira se oudio-episode “My kind emigreer – hoe hanteer ek dit?” was die afgelope ses maande onder die sewe gewildste podsendings op Mariette Snyman se weeklikse reeks, Calm, Clear & Helpful.
In dié gesprek belig Sulette die volgende:
- algemene uitdagings verbonde aan emigrasie
- die besluit om te emigreer en of familielede enigsins ’n sê het
- ouers se innerlike konflik: opgewondenheid namens hul kind teenoor die geweldige verlies wat hulle ervaar
- hoe broers en susters geraak word wat agterbly
- grootouerskap oor grense heen
- wenke wat die “konstante afskeid” kan vergemaklik
- die belangrikheid van wedersydse gesprek en betrokkenheid
Luister hier na die podsend: https://www.mariettesnyman.co.za/blog/my-kind-emigreer-hoe-hanteer-ek-dit
Mariette Snyman is ’n bekroonde vryskutjoernalis, podsendingvervaardiger en eienaar van die holistiese gesondheidswebtuiste https://www.mariettesnyman.co.za/, wat lesers en luisteraars aan meer as 100 welstandskenners van oor die wêreld heen en hul kundigheid bekendstel. Hier is gratis podsendings en artikels in Afrikaans en Engels oor fisieke en emosionele gesondheid, ouerskap, liefdesverhoudings, lewensfases en die lewensuitdagings waarmee ons almal te doen kry.
Ons wil weet
Het jy ook hierdie uitdagings ervaar? Hoe het jy dit hanteer? Ons nooi jou uit om jou storie te deel en saam met ons oor hierdie onderwerp te gesels. Luister na die podsend en kom deel jou ervaring met ons gemeenskap!
Kontak dr. Sulette Ferreira en Mariette Snyman
Dr. Sulette Ferreira:
sulette.ferreira@gmail.com
www.drsulette.com
Instagram
Facebook
Mariette Snyman:
mariettesny@mweb.co.za
www.mariettesnyman.co.za
Instagram
Facebook
Foto: Freepik