Deur dr. Nico Mulder
Vir die eerste keer in die geskiedenis, sover ons kennis strek, het ons ’n Afrikaanse erediens in die suide van Ontario in Belleville gehou.
Die Maranatha Christian Reformed Church in Belleville het ons verwelkom, omdat dit presies inpas in hul visie om alle nasies te bereik vir Christus.
Ongeveer dertig Afrikaanssprekendes het op 27 Oktober bymekaargekom. Die erediens was deur myself gelei onder die beskerming van ons Maranatha-gemeente. Ons het selfs ’n oud-Tukkie (Nita Lombaard) gehad wat ons begelei het om eg-Afrikaanse liedere te sing. Daar was Suid-Afrikaners wat selfs meer as 300 km vêr gereis het om die erediens by te woon.
Almal getuig van die feit dat dit darem ’n voorreg is om die Here se boodskap in ons hartstaal, Afrikaans te hoor. Ons beoog om weer ’n Afrikaanse erediens te hou op 15 Desember om 15:00 met die oog op Geloftedag.
Verder beplan ons tans om hier in Maranatha-gemeente (Collegestraat 100, Belleville, Ontario) kwartaallikse Afrikaanse eredienste te hou.
Enigiemand wat ons wil kontak kan vir my ’n e-pos stuur na nicomulder@cogeco.ca.
Deel op
Nuutste artikels