’n Feesjaar vir Afrikaans – wees deel van die vieringe!

16/04/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
AFRIKAANS100_FBCOVER_03

Op 8 Mei 2025 sal dit presies ’n honderd jaar wees wat Afrikaans ’n amptelike taal in Suid-Afrika is. Om hierdie besondere mylpaal te herdenk, word ’n feesjaar beplan wat op 8 Mei vanjaar (2024) gaan begin.

Ons wil jou graag nooi om deel van die vieringe te wees. Met die bekendstelling op 8 Mei vanjaar gaan alle deelnemende organisasies, insluitend AfriForum, kort video’s plaas om ons gelukwense oor te dra en ook te sê hoe ons oor ons pragtige moedertaal voel.

Enigeen in die buiteland is welkom om ook so ’n video op te neem en aan AfriForum Wêreldwyd te stuur by wereldwyd@afriforum.co.za. Jou video kan ook aan ons gestuur word deur WeTransfer na wereldwyd@afriforum.co.za.

Die voorskrifte is:

  • Dit moet 30 tot 60 sekondes lank wees – nie langer nie asseblief!
  • Neem dit op namens jouself, jou gesin, ’n organisasie, of net wie julle wil.
  • Moet dit asseblief nie op julle eie sosiale media plaas voor 8 Mei 2024 nie, maar van die 8ste af kan julle dit plaas en Afrikaans 100 merk (“tag”).
  • Geen politieke boodskappe nie, hou asseblief by positiewe gelukwense.
  • Sê ook in watter land julle is wanneer die opname gemaak word.
  • Raak kreatief met julle boodskappe, of wat julle aantrek, of die agtergrond van die video. Die oorspronklikste video sal ’n geskenkbewys ter waarde van R2 000 losslaan!

Deur die loop van die jaar tot 8 Mei 2025 gaan daar nog vele meer opwindende geleenthede wees om Afrikaans se honderd jaar as amptelike taal te vier. AfriForum Wêreldwyd sal julle op hoogte hiervan hou.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels