’n Spraakterapeut se wenke wat jou kinders kan help om Afrikaans aan te leer
Inge Gaudin, praktyk eienaar en hoof spraakterapeut van Viva Speech Pathology in Perth, Australië, het onlangs ’n paar wenke met ons gedeel. Haar wenke is gefokus op daaglikse instellings wat ouers kan aanbring om hul kinders te help om Afrikaans te behou in die buiteland, ten spyte van ’n ander onderrigtaal. Lees die artikel: Hoe kan ek my kind leer om Afrikaans te praat ten spyte van ’n ander onderrigtaal?
Inge se onderneming, Viva Speech Pathology, se missie is om omvattende kommunikasie-assesserings uit te voer om sodoende die individu se kommunikatiewe sterkpunte en areas van verbetering te identifiseer. Vind gerus Inge se onderneming op ons Wêreldgids vir meer inligting.
Hiermee haar wenke:
- Vra vrae en gee voorbeelde van taalgebruik. In gesprekke met jong kinders vra, “Bedoel jy…?”; Sê dan die hele gedagte in Afrikaans vir hulle om te herhaal. Soms moet mens die sin ’n paar keer sê sodat kinders genoeg kans kry om nuwe woorde en sinskonstruksie en grammatikareëls te kan hoor en verstaan. Doen dit gereeld wanneer kinders sinne helfte in Engels en Afrikaans sê. Stel kinders bloot aan ’n wye reeks woorde om hulle woordeskat te verryk.
- Vertel stories en moedig eie vertellings aan. Vertel stories in Afrikaans en gee hulle kans om stories te voltooi of om hulle eie stories te vertel.
- Moedig volledige Afrikaanse sinne aan. Dring aan op ’n volledige Afrikaanse sin veral as kinders vir dinge vra of iets verduidelik. Sê byvoorbeeld vir hulle om daarvoor te vra. Gee daarna byvoorbeeld so terugvoer: “Jy het dit so mooi in Afrikaans gesê. As jy Afrikaans praat sal jy nie jou taal verloor nie.”
- Beplan gestruktureerde taaltyd vir elke taal. Sit ’n voorspelbare tyd opsy om Engels te praat by die huis sodat hulle bewus kan bly daarvan. Ons praat byvoorbeeld Engels op pad skool toe om gereed te maak vir daardie taalkonteks. Dit gee kinders dan geleentheid om ook hulle Engels te oefen. Gee dan weer tye wanneer Afrikaans gepraat word by die huis en herinner wat die redes is, byvoorbeeld: “Ons moet ook tyd maak om net Afrikaans te praat sodat ons nie ons vermoë om Afrikaans te praat verloor nie”.
Deur hierdie wenke gereeld toe te pas, kan ouers ’n ondersteunende omgewing skep wat hul kinders help om Afrikaans te bemeester en te behou.
Kontak Viva Speech Pathology

Selfoonnommer: +61 893014128
Inge Gaudin e-pos: inge@vivaspeech.com.au
Ontvangs e-pos: reception@vivaspeech.com.au
Webtuiste: https://www.vivaspeech.com.au/
Adres: 94 Reid Promenade, Joondalup, Perth, Wes-Australië, Australië
Foto’s: Getty Images/ Unsplash