Onderhandeling en reëlings duur steeds in alle erns voort om gestrande Suid-Afrikaners te repatrieer

05/05/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
SA-s-passport-power-drops-800x400-1

Die meerderheid Suid-Afrikaners wat in Europa en die Verenigde Koninkryk gestrand was, is teen hierdie tyd gerepatrieer.

Sowat 400 Suid-Afrikaners is nog oral in Afrika gestrand en ons werk saam met verskeie belanghebbendes om te bepaal hoe hulle terugkeer op die beste wyse bewerkstellig kan word.

Deur middel van die Suid-Afrikaanse missie in Turkye hou ons die stand van sake betreffende die 50 studente en 29 kunstenaars wat daar gestrand is, dop, en ondersoek ons maniere waarop ons diegene wat wil terugkeer huis toe, kan repatrieer.

Ons waardeer die samewerking van die Turkse regering. Hulle het ons die versekering gegee dat alle studente in hul universiteitskoshuise sal kan bly en hulle daaglikse maaltye sal kry. Ons gaan voort om oplossings vir die 29 kunstenaars te soek en stel dit op prys dat die Turkse regering hulle van voedsel en ander noodsaaklikhede voorsien het.

Bron: DIRCO – NUUSBRIEF OOR DIE REPATRIASIE VAN SUID-AFRIKAANSE BURGERS – 4 Mei 2020

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels